top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Ek sien dit, Here!



“I’m not going to church today

looking for God.

I’m going

to worship the God

who came looking for me.”

Rick Atchley


Hierdie paar reëls agtervolg my nou al heeldag – al die pad kerk toe, en al die pad terug.


Dit gaan nie oor my nie.


Vir ons God, gaan dit oor my.

Vir my, behoort dit nie oor my te gaan nie.

Ek sien dit, Here.


Ons nuwe Gateway Church kerkgesin is jolig! In ‘n nuwe gebou, met lieflike akoestiek, is die worship opbouend en aansteeklik, die vriendelike gesigte oral ‘n uitnodiging om maar jouself te wees.


Hier word ons dan ook élke week genooi om die brood en die wyn te neem, te eet en te drink.


Terug in Afrika is ons bederf met Old Brown Sherry, en veral op ‘n koue wintersoggend, sou die warm teug jou nog bybly tot lánk na die deurkollekte.


Met ons aankoms in Engeland is dit vervang met die inkennige sussie van ‘n soeterige druiwesap, maklik om te sluk, maar ongelukkig ook maklik om te vergeet.


Verlede naweek kuier ons die eerste keer by Gateway en moes ek mooi sluk om nie te spoeg nie!

Nader na asyn as wyn, dink ek by myself.

En dan, net so vinnig, kom die gedagte…


Dit gaan nie oor my nie.


Vir die eerste keer hang ek daar saam met Hom terwyl hulle Hom van hulle Posca wou gee, ‘n mengsel van wynasyn en water.


Dit gaan nie oor my nie.

Ek sien dit, Here.


Vanmiddag word ek wakker van ‘n korterige middagslapie en feitlik onmiddellik staar die week se doenlysie my dreigend in die gesig.


Maar ek sien mos nou anders, en van nêrens af onthou ek net hierdie eerste reël van die vers:


“When anxiety was great within me…”


Ek moet die tweede deel op my foon opsoek en kry:


“…your consolation brought me joy.”

Psalms 94:19 NIV


Wanneer ek myself sien, sien ek ook al die reuse rondom my.

Wanneer ek U sien, verdwerg hulle in die skadu van U aangesig.


Ek sien dit, Here!



Jou inspirasie vir die week: No Name higher



bottom of page