top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Ek wil myself verdrink



Ons dogter is hierdie naweek die groot JA-woord gevra, en wanneer ek reflekteer met hoeveel detail en in hoeveel stukkies ons aanstaande skoonseun die hele totaal beplan het, hoe elke deeltjie oorweeg en geskuur is om daardie uiteindelike oomblik vir haar kosbaar te maak, kry die hele geleentheid vir my soveel meer waarde.

 

Dan lees ek ‘n ontrafeling van Handelinge 22:15 en die groter prentjie raak vir my selfs meer asemrowend omdat ek elke boublok daarvan beter verstaan:

 

“For you will be a constant witness for Him to all men of

what you have seen and heard.”

NKJV

 

FOR YOU

Jy.

Vir wanneer jy Hom van aangesig-tot-aangesig ontmoet het.

Jy.

Vergeter van vergewe-sewentig-maal-sewe.

Verlater van die noue pad.

Verwese navolger van aardse wasemroem.

Jy.

 

FOR YOU WILL BE

Dit sal so wees.

Jy is uitgekies.

Ja, jy.

Jou naam is opgeskryf langs hierdie opdrag.

Jy sal jouself nie kan keer nie.

 

FOR YOU WILL BE A CONSTANT WITNESS FOR HIM

Vir Hom.

Oor Hom.

Dit sal die konstante en allesverterende drywer in jou lewe word.

Niks anders sal jou met meer oortuiging laat praat nie.

Wanneer mense jou hoor praat oor Hom,

sal hulle Hom óók wil hoor praat.

 

FOR YOU WILL BE A CONSTANT WITNESS FOR HIM TO ALL MEN

Nie net vir hulle wat hou van wat jy sê nie.

Vir almal wat jou kan hoor.

Oud.

Nie oud nie.

Arm.

Nie arm nie.

Afrikaans.

Nie Afrikaans nie.

 

FOR YOU WILL BE A CONSTANT WITNESS FOR HIM TO ALL MEN OF WHAT YOU HAVE SEEN AND HEARD.

Dit beteken dat jy sal moet sien en hoor,

en om te sien en hoor om iets te kry om óór te vertel,

sal jy naby moet bly aan Hom van wie jy veronderstel is

om vir almal te vertel.

Sodat jy kan sien.

Sodat jy kan hoor.

Vir almal wat jóú kan hoor.

Vir almal wat jou (selfs ook net toevallig) kan hoor praat.

 

Die Here skryf vir ons ‘n liefdesbrief in 66 hoofstukke.

Hoe meer ons Sy liefde vir ons ervaar, hoe meer ons Hom vat op Sy belofte, hoe meer betekenis dra elke strofe.

 

Ek wíl tyd maak om myself vers-vir-vers te verdrink.

Sodat ek die groter prentjie beter sal verstaan,

meer sal waardeer.

 

 

Jou inspirasie vir vandag:  Made for more


bottom of page