Die artsy-fartsy gedeelte van my brein kry dieselfde lekkervoelinspuiting wanneer ek kan sien hoe kreatief ánder mense is. Een van my fixes kry ek op BBC, maar ek sien nou dat mense buite die Verenigde Koninkryk dit ook kan geniet! Gaan soek gerus na “The Great Pottery Throw Down” op Youtube…
Die beoordelaars op hierdie program is gesoute pottebakkers, kenners in hulle veld. Hulle laat elke uitdaging so maklik soos val-uit-‘n-boom-uit lyk wanneer hulle eers agter die wiel inskuif om te demonstreer.
Maar dan is dit die deelnemers se beurt.
Die klei word in groot blokke uitgedeel, en elke persoon sny af wat hulle glo hulle nodig het vir die uitdaging. Dan word dit eers met die hand gerol en geklap(!) om seker te maak alle onsigbare lugborrels is uitgewerk voordat hulle dit wiel toe vat. Hiersonder is dit moeilik om ‘n mooi gladde, goed afgeronde kunswerk te kry.
By die wiel is die eerste stap om die klei te sentreer, loodreg in die middel van die wiel. Doen hulle dit níé, raak die klei onhanteerbeer en buite beheer wanneer die wiel eers begin draai, en mag dit dalk heeltemal van die wiel afvlieg! Plant hulle egter uit die staanspoor die klei mooi op die regte plek, en hou hulle genoeg druk daarop om die klei daar te laat vasklou, is die res van die draaie heeltemal binne hulle beheer en kan hulle op hulle kuns fokus, natgehou met water, totdat die pottebakker tevrede is met die vorm wat hy ingedagte gehad het.
Met die kleiskepping klaar gedraai, word dit van die wiel afgehaal en eers in ‘n droogkamer neergesit om “leather hard” te word. Nog nie gebak nie, maar net effens uitgedroog om dit verder te manipuleer of mooi patrone uit te krap, of tierlantyntjies aan te heg, of helder kleure op te verf.
Dan is dit oond toe. En hierdie oonde het nie ‘n venster in nie. Dit is ín die een dag en eers wanneer die oond weer oopgemaak word die volgende dag, kan die pottebakker sien of hulle skeppings enige krake het, of dalk heeltemal ontplof het. Dit is hartseer dat soveel ure se werk so maklik daarmee heen kan wees as die vure eers begin!
Maar uiteindelik is dit tyd vir beoordeling en die klaargemaakte, klaargebakte skeppings word voor die beoordelaars uitgepak.
Hier moet ek altyd glimlag, want die ouer beoordelaar kan homself net nie keer nie. Elke keer as hy ‘n goed gevormde pottebakkerswerk voor hom sien staan, begin hy te huil. En volgens Keith,”Whatever they've made doesn't even have to be perfect – as long as they've put their heart and soul into it, it's highly likely I'll end up crying.”
Dis nou ‘n lang storie en vir myself sien ek sommer ‘n klomp geestelike beginsels hierin. Vandag los ek dit egter vir jou om te oordink en te ontdek.
Wat ek wel met jou wil deel is dit:
Op ‘n dag het die Here vir Jeremia na ‘n pottebakkerstudio toe gestuur. Daar was iets spesifiek wat die Here vir Jeremia wou demonstreer. Hy wou in Jeremia se kop ‘n prentjie skep van Sy liefde vir die Volk en Hy wou sekermaak dat Jeremia hierdie prentjie sou kon onthou om met die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem te deel.
En Jeremia gaan, en hy kyk, en die Here wys vir hom –
“So I went to the potter’s house, and sure enough,
the potter was there, working away at his wheel.
Whenever the pot the potter was working on turned out badly,
as sometimes happens when you are working with clay,
the potter would simply start over and use the same clay to make another pot.”
Jeremiah 18:3 The Message
He used the same clay.
Hy sou oor begin.
Met dieselfde klei.
Die Pottebakker word nie ontstel deur die feilbaarheid van die klei nie.
Hy begin bloot van voor af.
Jou weeklikse inspirasie: Miracle in me
Comentarios