Ons troudag was inderdaad ‘n heuglike gebeurtenis! Behalwe dat dit op ‘n Vrydag was en al die gaste ‘n bonus-langnaweek kon vier, was ons kosbaarste vriende en vriendinne daar om my en my man se tweede kans te help afskop.
En soos die goeie gewoonte is, was die plan om dankie-sê kaartjies uit te stuur ná die tyd as ‘n blyk van waardering.
In ons geval, het daar egter ‘n moersleutel in die werke beland.
Tussen my verassingswittebroodsweek en ons intrek in ons nuwe huisie in Garsfontein, moes daar van die geskenke weggeraak het. So, toe die groot bedankingsoefening begin, besef ons dat daar kosbare mense is waarvoor ons nie weet wát om voor dankie te sê nie, want dit is nie daar nie – nadat ons wel die pakkies op die aand gesien het!
En jy kan mos nie net vir sommige dankie sê en vir ander nie…?
Wat beteken: NIEMAND het ‘n dankie gekry nie.
So, vir almal wat al 17 jaar, 6 maande en 30 dae dink die nuwe Heppells is darem baie ondankbaar:
Baie dankie, julle!
En vir die outjies s’n wat weggeraak het… Sorry!!
Ek het hieraan gedink toe ek vanoggend ‘n stukkie van Lysa Terkeurst lees waarin sy vertel van haar seun wat êrens weg van die huis af gewerk het vir die vakansie en vreeslik huistoe verlang het.
Sy pak toe vir hom ‘n paar goedjies wat sy dink hy mag nodig hê, maar ook ‘n paar bederfies – soos net ‘n ma kan – en stuur dit aan.
Sy wag, maar na ‘n paar dae het sy nog steeds niks van hom gehoor nie. Nie ‘n “Ma is die beste ma in die hele wêreld” nie, nie ‘n “SUPER-BAIE-DANKIE, Ma” nie. Niks.
‘n Dag of wat later bel haar man net om seker te maak die klong het dit wel gekry, net om te hoor: Ja, hy het dit gekry, net nog nie kans gehad om dit oop te maak nie.
Haar eerste reaksie was nie mooi nie.
Wie kry so ‘n geskenk van liefde, baie spesiaal afgelewer, en doen nie eers moeite om dit oop te maak nie?
En in daardie oomblik voel sy hoe die Gees met háár gees praat:
“Lysa, sometimes you do this very same thing. Oh, if you only knew the number of experiences God Himself has packaged up and sent your way that you didn’t take time to open…
Or the number of times God has planted a bunch of wildflowers at the end of your driveway just to make you smile but in the rush of where you were headed, you didn’t notice…”
Ek wonder skielik hoeveel ek dalk al gemis het!
Nie omdat dit nie daar was nie, maar bloot omdat ek te besig was om dit raak te sien of te ervaar.
“Or the number of times God has treasures in His Word waiting for you to uncover that would perfectly prepare you for something you’d be facing that day,
if only you’d lingered with Him a little longer.”
Seker my grootste vrees: Dat ek God se plan vir my lewe sal mis.
En tog, elke dag, op ontelbare maniere, wys God ‘n stukkie van Homself vir my en vir jou.
“When Jesus was coming close to Jericho, a blind man sat begging beside the road. The man heard the crowd walking by and asked what was happening. Some people told him that Jesus from Nazareth was passing by. So the blind man shouted, Jesus, Son of David, have pity on me!’ The people who were going along with Jesus told the man to be quiet. But he shouted even louder, ‘Son of David, have pity on me!’
Jesus stopped and told some people to bring the blind man over to him. When the blind man was getting near, Jesus asked, ‘What do you want me to do for you?’
‘Lord, I want to see!’ he answered.
Jesus replied, ‘Look and you will see! Your eyes are healed because of your faith.’
Right away the man could see, and he went with Jesus and started thanking God.
When the crowds saw what happened, they praised God.”
Luke 18:35-42 CEV
Mag ek elke dag sien asof vir die eerste keer…
Ek wil sien!
Jou temalied vir die week: More than anything
Comments