top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

En noudat ek weet...?

Writer's picture: Maxie HeppellMaxie Heppell

“God’s not going to keep a secret from you

when you want to do the right thing.”

Enige leek, soos ek, wat die Amerikaanse verkiesing gevolg het die afgelope ruk sal moontlik met my saamstem dat “less is more” nie noodwendig deel van Politiek 101 in daai deel van die wêreld is nie.

So wat van ‘n ingewikkelde stelsel het ek lanklaas beleef. My man het egter sy nuutste passie ontdek en in ‘n ander lewe dink ek hy sou ‘n uitstekende politieke ontleder uitgemaak het. So, alles wat ek wil weet van die rooies en bloues, leer ek by hom.

En hoe lekker is dit! Sonder dat ek my brein hoef te breek oor hoe die uitslag in Georgia die Huis of die Senaat sal beïnvloed of nie beinvloed nie, druk ek maar net op my man se knoppie en hy spoeg al die feite uit en leer my sommer van al die binnewerkinge en geknoeiery van die onderskeie ondersteunerskampe ook!

Nie een keer dink ek daaraan dat hy my dalk probeer mislei of nie heeltemal die waarheid praat nie.

Ek vra.

Hy antwoord.

Ek glo.

Ek vra.

Hy antwoord.

Ek glo.

“The work of individual obedience can never come to anything

but reward in the end.

The mischief is that very often we want the reward to come

in our way and not God’s.”

Hoe belaglik klink dit as ek dit so lees.

Dat ek wat soms met die kar op my rug uit die motor wil klim, dink dat ek beter vir my lewe weet as die Een wat elke oggend die son laat opkom en die maan laat verdwyn.

“With rock piles and signposts,

mark the road well,

my dear people.

The road by which you left by

will now lead you home.”

Jeremiah 31:21 CEV

As ek die regte ding wil doen, moet ek weet wat tussen my en die Here staan.

En as ek vra, sal Hy my antwoord.

Hy sal dit nie opsetlik van my weerhou nie.

Vraag is: Wat doen ek daarmee?

Jou temalied vir die week: Come and tear down the walls


Comentários


  • White Facebook Icon
Bietjie oor my

Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie.

'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses (en die gevolge daarvan) het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het.

Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite!

 

Lees meer hier...

 

© 2023 by Going Places. Proudly created with Wix.com

bottom of page