top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Ewige student

Updated: Feb 4, 2023




“We as Christians who are learning

need to work on how we speak

to other Christians who are still learning.”


Vanoggend vroeg is die laaste stuiptrekkings van die warmste dag in Engeland op ‘n einde, en ons gaan stap vir die eerste keer in ‘n baie lang ruk weer in die woud agter ons woonbuurt.


Soos ons stap vertel my man van iemand op TikTok wat ook bitter min van sy sig oorhet, maar hoe hy vir hulp nie sy vrou se elmboog sal vat nie, maar eerder haar hand. Hy weet nou al: twee drukkies beteken een ding, en een druk iets anders.


Ons tweetjies het ons eie manier, maar ek en hierdie vrou het een ding in gemeen, herinner my man my: Wie ookal saam met my stap, of jy nou 20/20-visie het of nie, sal deurlopende kommentaar kry van ‘n sypaadjie wat wag, of ‘n weerbarstige tak, of ‘n kar, of ‘n joviale brakkie wat jou mag verras. Of jy dit nou nodig het of nie.


Ek sal jou dalk ook in meer detail as wat nodig is vertel van die mooi blomme op die woonstelblok se tiende verdieping soos ons daar verbystap. Of jy dit nou self kan sien of nie.


Dit is nou al meer as sewe jaar dat ek my man se straatmaat is, en ons woordlose wisselinge is vir ons twee baie intiem en kosbaar. Ek wil ook glo my geduld en stemtoon en hulpvaardigheid het met die jare saam ‘n sagte randjie gekry. Dalk moet julle hom eerder vra!


Maar ek het hom lief, en as ek hom kan help om nie deur die natuur in die gesig geklap te word nie, of as ek kan keer dat hy in ‘n pakkie te trap wat nog vir lank aan hom sal kleef, dan wil ek dit graag doen.


Hoeveel liewer het die Here ons.


Hoe verder ‘n mens die pad saam met die Here stap, hoe fyner raak jou aanvoeling vir die lesse wat Hy jou wil leer, vir die mooi goed langs die pad wat Hy jou wil wys, vir die sagte fluistering wanneer ‘n dwaal boomwortel dreig om jou stappie te bederf. Sy geduld en stemtoon en hulpvaardigheid met Sy kinders is altyd nét reg.


Soms vergeet ons egter dat ons ook op ‘n tyd blind was vir die waarheid. Soms wil ons mense se oë oop forseer en hulle laat sien wat ons sien.


Jesus het ‘n ander plan.


“The disciples came up and asked, ‘Why do you tell stories?’

He replied, ‘You’ve been given insight into God’s kingdom. You know how it works.

Not everybody has this gift, this insight; it hasn’t been given to them.

Whenever someone has a ready heart for this, the insights and understandings flow freely. But if there is no readiness, any trace of receptivity soon disappears.

That’s why I tell stories: to create readiness,

to nudge the people toward a welcome awakening.’”

Matthew 13:11 The Message


Ons stories van Jesus binne-in ons omval en opstaan en lag en huil en Sy rol in ons ewige hoop en toekomstige troos is die stories wat mense se harte sal sagmaak.

Christen en nie-Christen.


Laat ons hulle ook vertel hoe ons nog leer.

Hulle leer nie alleen nie.




Jou inspirasie vir die week: Lost in Your love



bottom of page