top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Gaan om te gee


Ons seunskind is al 22, maar nes sy Tannie Maxie geniet hy die spitsvondigheid van ‘n goeie animasiefilm wat eintlik meer grootmensmateriaal is as kleuterpret.


Hy land gisteroggend vroeg (minus sy bagasie a’la British Airways) en teen laatmiddag is sy kole flou. Maar ons kry vir Garfield2 op een van die betaalkanale en vir die prys van ‘n halwe fliekkaartjie lag ek en hy te lekker.


So onthou ek hoedat ek jare gelede ‘n strokiesprent van Garfield gesien het. Dit het begin met die mooiste sentiment: “It is better to give than to receive….”, en in die volgende raampie staan Garfield toe met sy arms wyd uitgestrek: “….so, GIVE, GIVE, GIVE!”


Wanneer ‘n mens ‘n kind van die Here is in hierdie wêreld is die uitdagings baie.

Jesus het ons gewaarsku, maar soms, net soms, wens ‘n mens dit was makliker.


Die afgelope ruk praat die Here nogal met my oor “self” en hoe overrated dit eintlik is.


Wat my nou gereeld in die oggende die volgende oor my dag laat spreek: “I’m not going there to get, I’m going there to give.”


Ek skat dit is dieselfde onuitgesproke ingesteldheid wat vrywilligers het wanneer hulle hulself willens en wetens haas na plekke waar die grootste tragedies hulle afspeel: Haiti, die Twin Towers, die Oekraīne.


Hulle verwag nie markverwante vergoeding van hulle tyd nie.

Hulle verwag nie die respek wat hulle posisie behoort af te dwing nie.

Hulle verwag nie erkenning van elke noemenswaardige mylpaal nie.


Hulle gaan om te gee.


En dís ‘n heel ander manier om te kyk na jou plek in hierdie wêreld.


Nes ‘n vrywilliger haas ek my dan na waar ek moet gaan, om te doen en te gee wat ek kan.


In een van die ou Bybelvertalings skryf die Prediker dat ons moet “doen wat jou hand vind om te doen.”

Maar hierdie ingesteldheid impliseer vir my meer as dit.

Dit is die aktiewe sóék na geleenthede om mense se lewens makliker te maak,

om hulle las te help dra,

om hulle dag blinker daarna te laat uitsien.


Of dit nou is met ‘n eenvoudige kompliment,

of die optel van ‘n gevalle pakkie,

of die oorneem van ‘n moeilike kliënt,

of die ekstra koppie koffie wanneer jy vir jouself een maak,

of die nota op ‘n rekenaarskerm,

of die ekstra tyd met iemand wat net ‘n oor nodig het,

of iemand anders se kinders by die skool optel.


Wanneer my ingesteldheid meer díé is van ‘n krisisvrywilliger en minder die van ‘n verontregte versamelaar van vreugdes, dan gee dit my hele dag meer perspektief.

Dan mis ek niks.

Nie die klop op die skouer nie, en

ook nie die mens vasgevang onder die bourommel van hierdie lewe nie.


I’m not going there to get.

I’m going there to give.


“ Jesus said, ‘You’re tied down to the mundane;

I’m in touch with what is beyond your horizons.

You live in terms of what you see and touch. I’m living on other terms.

I told you that you were missing God in all this. You’re at a dead end.

If you won’t believe I am who I say I am, you’re at the dead end of sins.

You’re missing God in your lives.’”

John 8:23 The Message



Jou inspirasie vir die week: Yes, I will



bottom of page