top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Genade ontploffing

Updated: May 1, 2018



‘Deadlines’ het mos ‘n manier om jou óf ‘n energie-inspuiting te gee óf jou lam te laat. (Vir myself is dit soms ‘n huwelik van die twee.) Enige een wat al voor ‘n leë wit blad gestaan het, of dit nou papier of digitaal of ‘n doek is, weet dat dit seker die mees intimiderende stuk leegheid is waaraan mens kan dink.


En juis die rede hoekom ek hierdie weeklikse blog so lankal al gedroom het, maar nooit begin het nie. Die leë blad.


Hierdie week voel ek ook nie lekker nie en die doepas laat my kop draai en ek is net lus vir niks. Maar die ‘deadline’ loer. (My eie een. Soms die ‘most terrifying’ baas om voor te werk.)

En ek begin skryf – sommer net enige iets sodat die vervlakste blad net nie so leeg lyk nie. Ek wag vir die gevoel van tevredenheid wat kom omdat ek die leë blad oorwin het, maar dit kom nie. Want die woorde was ook leeg.


Vanoggend egter, gee die Here my ‘n Goddelike dapperheid en ek druk die ‘delete’ knoppie, begin van voor af. En soos ek nou hier sit, dink ek hoe mooi dit aansluit by die boodskap wat die laaste ruk so by my kuier.


Oral, sommer so daagliks oor die laaste paar weke, kom duik dieselfde vers oral rondom my op: In my voorbereiding vir gister se boodskap, op ‘n ou kliënt se Facebook-muur en die een van die vroutjie wat ons vierbeen-meisiekinders al opgepas het.


“…God is always at work in you to

make you willing and able

to obey His own purpose.”

Fil 2:13 Good News Bible


En net daar sien ek toe mos nou hoe die vyand mens gevange hou in ‘n staat van niks-doen. Want ons is mos denkende mense, intelligente mense, mense wat redes moet hê (goed-gegronde redes) vir elke aksie of reaksie.


Al wat die onderduimse knaap moet vra is: “Weet jy regtig wat jou ‘purpose’ is, Maxie? Want daarsonder help dit nie regtig jy beweeg in enige rigting nie.”


So doen jy dan aanlyn-persoonlikheidstoetse, Meyers-Briggs word sommer by die nuwe werk se onderhoud gedoen (dan’s dit boonop gratis).

(As jy ‘n geestelike sy het, is die kerk se Gawe-kursus beslis op jou emmerlysie. Joune is reeds gedoen.)


Dalk hét jy intussen langs die pad uitgevind presies wat dit is wat jy nou eintlik veronderstel is om hier op aarde te doen, dan kom maak die vent mos mooi jou oë oop vir al die goeters waarvoor jy alreeds ‘opge-sign’ is sodat jy in alle eerlikheid uitasem kan uitroep: “Ek sal iets moet los om dit ook in te pas, en sien ek kans om dit waarmee ek nou alreeds so lank mee besig is te ruil vir iets met geen waarborg van sukses nie?”


Maar veronderstel jy weet waarheen jy oppad is en jy sien kans om dit ook in jou besige skedule in te werk, dan kom haal hy sy troefkaart uit en die stemme begin rumoer: “Hoe sal jy dit kan doen? Jy het geen ondervinding hiermee nie, jou kennis hieroor is baie beperk, jy weet nie eers waar om te begin nie.” In jou hart weet jy jy is eintlik net bang dit is ‘n mislukking.


Sommer so ‘n vinnige drie-dubbele doodskoot vir elke versugting wat die Here in jou hart kom plaas het.


Dit gebeur so maklik wanneer jy jou oog van God afhaal. Want vóór al die moontlike struikelblokke word die antwoord reeds gegee, as ons tog net ons fokus dáár kan hou:


“…God is always at work in you to make you…”

“…God is always at work in you to make you…”


Hier dink ek nou aan Oom Angus se sê-ding oor ‘but God…’ .


Jy weet nie wie jy is of waarheen jy oppad is nie. But God knows.

Jy kan dit onmoontlik nie in jou lewe inpas nie. But God can.

Jy het eintlik nie ‘n ‘clue’ hoe om dit te doen nie. But God will make a way.


So wonder ek of hierdie ‘but God’-ding dalk ‘n vroeëre oorsprong gehad het, en gaan Google die twee woorde.


Raai wat kom sommer al op bladsy een se soekresultate op?


“But God’s mercy is so abundant, and His love for us is so great, that while we were spiritually dead in our disobedience He brought us to life with Christ.

It is by God’s grace that you have been saved.”

Efes 2:4 GNB


So – sonder veel uitgebreide argumente of kommentare, net eerlik en op die punt af. Dis nou as jy sou bly luier in die aura van die eerste paar verse…


“In the past you were spiritually dead because of your disobedience and sins. 

At that time you followed the world's evil way;

you obeyed the ruler of the spiritual powers in space,

the spirit who now controls the people who disobey God. 

Actually all of us were like them and lived according to our natural desires,

doing whatever suited the wishes of our own bodies and minds.

In our natural condition we, like everyone else, were destined to suffer God's anger."


“But God…” en my rug trek eintlik hol soos die droë bene beginne beweeg:


“But God’s mercy is so abundant, and His love for us is so great, that while we were spiritually dead in our disobedience He brought us to life with Christ.

It is by God’s grace that you have been saved.”


En dis hoekom jy kan weet wie jy is en Wie s’n jy is en waarheen jy oppad is,

dis hoe jy weet die Here sal self tyd beskikbaar maak – jy moet dit net raaksien,

dis hoe jy weet die Here sal jou toerus en jou gebruik soos net Hy kan.

Genade ontploffing.


You steady me Slow and sweet, we sway Take the lead and I will follow

Finally ready now To close my eyes and just believe That You won't lead me where You don't go

When my faith gets tired And my hope seems lost You spin me round and round And remind me of that song The one You wrote for me And we dance



Jou temalied vir die week: No One Like Our God


bottom of page