top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Gewillige gyselaar


“Only fools would trust

what they alone think…”

Spreuke 28:26 CEV


Die dag breek rooi en dit is 1 Maart.

Derduisende kere het dit al gebeur en ek weet nie hoeveel keer dit nog sal gebeur nie.

Maar ek het vandag.

Ek het dit gemaak.


Jý het dit gemaak.


Hierdie dag is spesiaal. Nie omdat dit ‘n spesifieke plek op die kalender het nie, maar omdat die Meester van alles wat leef en beweeg al miljuisende leeftye gelede al besluit het dat ek en jy ‘n plek in hierdie wêreld sal hê, op hierdie dag in die 2020ste jaar na Christus se geboorte.


En Hy besluit nooit enigiets maar sommer net nie. Niks is ooit waarlik ‘random’ nie.

Alles wat ons tot by hierdie punt gebring het is ingeskryf in die teks, dit bepaal die perspektief vanwaar ons dinge beloer, die manier waarop ons reageer op dit wat rondom ons gebeur, dit word die dryfkrag agter die wil wat uiteindelik deurbreek na waar God ons graag wil hê.


God het altyd ‘n plan. Soos my pa lief was om te sê: “Solank ‘n man nog ‘n plan het, is jy okay. Jy hoef níks anders te hê nie, solank jy net nog ‘n plan het.”


Soms raak my planne op. Die berge om my lyk skielik hoër en die dag se belofte van son vervaal totdat dit heeltemal verdwyn.


Dan voel ‘n mens darem bitter alleen en daardie gevoel bly soms vir dae.


Maar gevoelens is ‘n ‘fickle mistress’… onbetroubaar en so veranderlik soos ‘n tweejarige se gunsteling happie.


“My feelings are not God. God is God.

My feelings do not define truth. God’s word defines truth.

My feelings are echoes and responses to what my mind perceives.

And sometimes - many times - my feelings are out of sync with the truth.

When that happens - and it happens every day in some measure –

I try not to bend the truth to justify my imperfect feelings, but rather,

I plead with God:

Purify my perceptions of your truth and transform my feelings

so that they are in sync with the truth.”

John Piper


Soms is dit waarvan die waarheid jou vrymaak, jouself.


Jou temalied vir die week: Your promises


Comments


bottom of page