top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Groeipyne


Die omvang van die woorde van Psalm 55 waar Dawid so pertinent praat oor die Here wat sy gebede hoor, kom kry vir my eers volheid van betekenis wanneer ek Alexander MacLaren se weergawe daarvan lees:


“There is Christ, as most of us, I suppose, believe,

Lord of all creatures, administering the affairs of the universe;

the steps of His throne and the precincts of His court

are thronged with dependents whose eyes wait upon Him,

who are fed from His stores;

and yet my poor voice may steal through that chorus-shout

of petition and praise,

and His ear will detect its lowest note,

and will separate the thin stream of my prayer

from the great sea of supplication which rolls to His seat,

and He

will answer me.”


Sjoe. Dis groot.


Maar vanoggend kom ruk dominee Richard so bietjie aan my fondament met Lukas 12, want as ek glo dat Hy elke petisie van my hoor en daaraan aandag gee, dan hoor Hy ook elke keer as ek mor en grom en knor.


Elke keer as ek te vinnig ‘n oordeel fel.

Elke keer as ek iets toelaat wat Hy nie sou toelaat nie en die Gees binne-in my roep uit, dan weet Hy daarvan.

Elke keer as ek lag wanneer Hy sou huil.

Elke keer as my voetstappe weerklink weg van die nood af.

Elke keer as my stilbly weergalm in die gange van ‘n wêreld wat vergaan,

dan weet Hy daarvan.

Ek kan niks vir Hom wegsteek nie.


Smeekgebede of siniese sopstories.
Alles vind hulle weg na Sy oor toe.

Want dit is nie genoeg om net een keer ‘ja’ te sê nie.

Dit is nie genoeg om net aanhoudend dankbaar te wees vir reddende genade nie.

As ek nie groei in liefde nie,

groei in die taal van die hemel nie,

groei in die kwaliteit van my vrugte nie,

dan kwyn ek eintlik maar weer weg.


Lyk my liefde anders as 10 jaar terug?

Lyk dit wat my gelukkig maak, anders as 5 jaar terug?

Waar kry ek my vrede? Dieselfde plek as 3 jaar terug?

Is my geduld meer gereeld, meer standhoudend, meer as verlede jaar?

Kan die wêreld sien dat my goedhartigheid groei?

Kan my onmiddellike atmosfeer getuig van ‘n goedheid wat vermenigvuldig met elke dag?

En die vir wie ek teleurstel… Sal hulle kan sê dat my getrouheid soms nog faal, maar steeds meer word? Meer as gister?

Groei ek in sagmoedigheid?

Is daar in elke dag meer selfbeheersing in my eet en drink en opstaan en loop en leef?


Want as ek nie groei nie, wat maak ek?



Jou temalied vir die week: Lord of my life


Commentaires


bottom of page