top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Hoop kan net gebore word in chaos


Dit sou nice gewees het as Hoop gebore is in ‘n klimaatbeheerde suite met ‘n swembad vir die watergeboorte, ‘n opgeleide doula gereed om baba te vang en aan te gee terwyl sagte, strelende musiek in die agtergrond speel, die ligte gedemp, en die reuk van jasmyn in die kerse wat oral brand.

 

Maar Hoop word gebore in ‘n yskoue stal tussen minder welriekende diere, ‘n krip die enigste luxury, al agtergrondmusiek die jolly patrollie van die herberg hier agter hulle en die donker ‘n natuurlike verskansing eerder as ‘n beheerde atmosfeerskeppingseenheid.

 

Want Hoop sou moes sterk wees.

Hoop sou ‘n swaar las met gemak moes kan dra.

 

En dan maak dit sin dat Hoop in chaos gebore is.

Want dit is in chaos dat daar gewoonlik ‘n swaar las ís om te dra.

 

As ek struggle met die reuse rots in my arms wat ek nou al jare met my saamdra en wat dreig om my ‘n rotator cuff operasie op die hals te haal, is die Hoop wat met sagte handjies en in ‘n snyerspakkie suutjies naderstap, nou nie eintlik die Hoop waarin ek veel vertroue sal hê om my las oor te gee nie.

 

Hoe anders is dit nie as ek sien hoe Hoop regop en gereed naderstap, hande vol eelte van harde en eerbare werk, kneukels stukkend soos wat dit deure moes oopbreek tot by my, gesig vol sweet en determinasie, klere wat al ‘n paar skermutselings oorleef het.

 

Dis in hierdie Hoop se hande dat ek oplaas voel ek kan laat gaan.

 

As ek wil sekermaak Hoop is daar wanneer ek dit die nodigste gaan hê, dan moet ek bereid wees om Hoop vry te laat.

 

Hoop sal vuil word.

Hoop sal nat word.

Hoop sal verskreeu word.

Hoop sal geswets word.

Hoop sal stukkende plekke kry.  

Hoop sal met tye verwerp word.

 

Maar Hoop sal getoets word.

En Hoop sal volwasse word.

Hoop sal sterk word.

Hoop sal die gevlegte tou word wat ‘n swaar las met gemak kan dra.

Tikvah…

(Hebreeus vir Hoop)

 

Hoop kan net gebore word in chaos.

 

Want wanneer alles volgens plan verloop

en my dae is almal wandelpaaie langs mooi plekke

en my planne verloop almal volgens plan

en die lewe is ‘n lied,

is Hoop nie nodig nie.

 

Elke liewe ontwerp van

elke liewe ding in

elke tydstip op aarde

is hier omdat iemand,

iewers,

iets nodig gehad het.

 

Want dinge verloop nie altyd volgens plan nie

en soms gaan die pad onderdeur ‘n graffiti-bestrooide duikweg

en soms ontplof my planne eiergeel in alle rigtings

en soms is die lewe ‘n rap song vol f-bomme

en soms is Hoop so nodig.

 

Daai Hoop wat al daar was.

En die letsels het om te wys daarvoor.

 

“Everything I hope for comes from Him,

so why not?

He’s solid rock under my feet,

breathing room for my soul,

An impregnable castle:

I’m set for life.”

Psalms 62:5,6 The Message

 

 

Jou inspirasie vir die week:  He is


 

 

Comments


bottom of page