Ons nuwe Matthew dominee haal vanoggend sy hart uit sy skuilplek en kom lê dit oop en bloot voor ons neer. Dit gaan oor sy dogter en haar stryd met anoreksie 10 jaar gelede.
Hy is bietjie moeg, erken hy, want vier-uur vanoggend toe blaai hy deur foto’s van sy sprankelend en gesonde tienerdogter, en haar uitgeteerde lyfie ‘n blote ses maande later.
My hart wil breek vir hom en sy vrou, Grace.
Maar die storie eindig nie daar nie.
Die volgende foto op die reuse skerm agter die verhoog is van ‘n bruilofsfees met die mooiste gedekte tafels en ek herken ons gebou en die einste verhoog waarop Matthew staan, maar op die skerm is dit ‘n pragtige jong bruid nét daar.
Dit was Suzy. En sy het gister, hier in ons einste kerkgebou, in die huwelik getree.
Sy lewe.
Vir so baie mense het hulle storie egter nie so ‘n mooi einde gehad nie. Selfs nou, vir sommige wat hier lees, voel dit dalk of die nagmerrie nooit sal einde kry nie.
Die laaste ding wat ek wil doen is om jou storie te minimize, dit in die plat balkie informasie onderaan my rekenaarskerm in te druk – uit die pad, waar dit my nie kan pla nie.
Maar ek wil jou bemoedig met hierdie woorde van Tim Keller:
“Christ did not suffer
so you wouldn’t suffer.
He suffered
so that when you suffer,
you will become
like Him.”
In Lukas 18 lees ons van die ryk jong man wat wou weet hoe om in die hemel te kom. In sy hart van harte moes hy seker vermoed het dat iets ontbreek, hoekom anders dan die vraag?
Jesus vertel hom, en dan sy reaksie:
“This was the last thing the official expected to hear…
…He was holding on tight to a lot of things,
and not about to let them go.”
Luke 18:23 The Message
Vergewe tog maar, as jy sou, my eie analogie hier. Ek verstaan dit is nie die intensie van hierdie gedeelte nie, maar ek kan nie help om te dink hoe moeilik dit is om van ons swaarkry weg te stap nie.
My kind kan steeds dood wees,
maar ek kan wegstap van ‘n tronk van haat teenoor die een wat wat hom daar gesit het.
My hart lê flenters, vir die soveelste keer,
maar ek kan wegstap van daai klip wat ek elke dag met moeite optel.
Die drankduiwel se kloue mag diep, so diep, in my gesin se vlees geslaan wees,
maar ek kan wegstap van die mag wat dit het oor waar ek
my vreugde vind.
Maar die Vader weet – dis nie maklik nie.
So, as die mense rondom Jesus Hom dan daardie dag vra, “then who has any chance at all?”, dan gryp ek Sy antwoord vir myself ook in my tye van swaarkry:
“No chance at all,” Jesus said,
“if you think you can pull it off by yourself.
Every chance in the world if you trust God to do it.”
Luke 18:27 The Message
Dieselfde krag wat Hom uit die graf laat kom het, nooi my om weg te stap van my swaarkry.
Inteendeel, Hy pêppa my al huppelend uit die donker na die lig.
Ek moet net spring!
Jou inspirasie vir die week: You keep hope alive
Comments