top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Hy gaan nêrens heen nie


Op 19 Mei sterf twee mans, meer as 5,000 kilometer uitmekaar.

Die een ‘n Suid-Afrikaner in Skotland.

Die ander ‘n gebore Amerikaner in New York.


Die een, ‘n man wat net nie sy weg oop kon sien uit die donker nie.

Die ander een heelwat ouer, sy hele lewe daaraan gewy om juis diesulkes die pad na die lig te wys tot op die laaste dag dat hy kanker vir altyd oorwin het.


‘n Mens wonder of hulle paaie ooit gekruis het?


Timothy Keller sou mense nooi om hulle skeptisisme met hom te deel sodat hy hulle waarlik beter kon verstaan, om by die binnekant van hulle buitekante uit te kom. En nou leef sy werk steeds voort, sy boeke praat in die taal van sy lewe:


“To be loved but not known is comforting but superficial.

To be known and not loved is our greatest fear.

But to be fully known and truly loved is, well, a lot like being loved by God.

It is what we need more than anything.


It liberates us from pretense,

humbles us out of our self-righteousness, and

fortifies us for any difficulty life can throw at us.”


Hierdie is alweer een van daardie strofes waar ‘n mens tyd wil neem, dit van alle kante af bekyk, want elke faset steek ‘n ander liggie van verstaan aan.


Hierdie is dan my verstaan daarvan.


Facebook-vriende kan die mooiste odes op jou muur plak en jou momenteel goed laat voel.

Maar die besef dat hulle jou nie regtig ken nie, laat die verwondering gou taan.


Ons grootste vrees is dat ons eerlike, waarlike en mees opregte self verwerp sal word.

Daarom het baie van ons ‘n masker vir elke dag, vir elke situasie, vir elke sosiale platform.


En dan gebeur die feitlik ondenkbare: Iemand leer ken jou, die wáre jy,

en kies om te bly.


Daar, heel aan die begin van my en my man se tweede hoofstuk, onthou ek hoedat ek hom sommer vroeg-vroeg gewaarsku het dat ek té stukkend was om veel waarde aan te heg, dat hy beter af sou wees en homself veel seer sou spaar deur maar eerder hierdie Vermeulentjie te laat gaan.


Vandag is ek so dankbaar vir sy koppigheid.

Want sy liefde vir my leer my so baie van Vader se liefde vir ons.


Uit die Woord kry ons die gevoel dat die Here ons binnekante en buitekante ewe goed ken.

Terselfdertyd word ons verseker daarvan hoedat Hy hierdie kennis sal gebruik.


En vir ons wat Hom “Vader” noem, bring dit vrede in ons gemoed,

nie vrees nie.


“There is no room in love for fear.

Well-formed love banishes fear.

Since fear is crippling, a fearful life—fear of death, fear of judgment—

is one not yet fully formed in love.

We, though, are going to love—love and be loved.

First we were loved, now we love.

He loved us first.”

1 John 4:18 The Message


Soos Timothy Keller skryf:

So ‘n liefde maak ons vry van voorgee,

laat ons verstaan hoe nodig ons ‘n alleswetende-allesvergetende Liefde het,

gee ons moed vir die lewe se moeilikste dae.


Hy ken jou.

Hy is steeds lief vir jou.

Hy gaan nêrens heen nie.



Jou inspirasie vir die week: Rescue



bottom of page