top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Ignoreer of hanteer



“If comparison is the thief of joy,

then insecurity is the assassin of purpose.”


Daai vreugdesteler lê oral en loer. Die moegoe se gloeiende geel ogies gly al oor hulle posts en hulle foto’s en hulle kinders en hulle vreugdes en hulle perfekte lewe. Scrappies daarvan word dan dwarsoor jóú yskas in jóú hart se binneste geplak, en voor jy by jóú vreugde kan uitkom, moet jy dít eers in die oë kyk.

Hoe dít jou laat voel.

Hoekom dít jou só laat voel.

Dit ignoreer, of dit hanteer.


Enige iemand wat al ooit oorkant ‘n terapeut van enige aard gesit het sal weet: hanteer is seer.

Ignoreer is nie naastenby so effektief nie, maar trek ook nie die velle saam met die pleisters af nie.


Soms is jou self nog nie reg vir hanteer nie.

Soms is ignoreer jou safety blanket.

Net nog een dag.


Aan die ander kant: Is dit dalk jou eie gebrek aan selfvertroue wat jou toekoms keelaf sny?

Dalk is dit tyd om minder op jou self te vertrou.


Consider it nothing but joy, my brothers and sisters,

whenever you fall into various trials.

Be assured that the

testing of your faith [through experience]

produces endurance [leading to spiritual maturity, and inner peace].

James 1:2,3 AMP


Ware vreugde is wanneer jy besef dat pleisters aftrek, velle saam of nie, daarmee saam die groei bring wat jy nodig het om nie net deur die vallei te kom. nie, maar uiteindelik ryper en volronder anderkant uit te kom.


Nader aan Soos-Jesus.


Sodat jy met vrede in jou hart kan kyk na hulle posts en hulle foto’s en hulle kinders en hulle vreugdes en hulle perfekte lewe.


So terloops, dit is nie.

Perfek nie.


Wanneer jy self op die harde manier by jou vreugde uitgekom het, verstaan jy hoedat goedvoel posts net soms ‘n reuse voëlverskrikker is wat met opset staangemaak is om die brose plantjies te beskerm.


Bid vir hulle.

Net in case.

Hulle struggle dalk self met ignoreer of hanteer.



Jou inspirasie vir die week: Tremble



bottom of page