Vandag was die eerste Sondag in langer as ‘n jaar dat ons gesinnetjie saam in dieselfde kerkbankie kon sit. Nouwel nie waar ons dit gewoonlik sou doen nie, maar saam. En saam is tog so ‘n mooi ding!
Ek moes nog bietjie werk hierdie week, so pappa en die kinders het alleen gaan verken. Maar een dag in die week is hulle al drie moeg en dis so reënerig buite en hulle besluit om sommer by die huis te bly en die grootmens weergawe van Monopoly te speel: Poleconomy. (Toe ek sommer nog klein was het ons bure se twee seunskinders een gehad en ek en my boetie was gereelde besoekers! Hier in Engeland loop ek toe een op E-bay raak…)
Ons huisie is maar klein en gewoonlik moet ek my oortjies (oorfone) insit as ek wou werk tussendeur enige mate van klankvermenigvuldiging in die huis!
Maar daai dag moes ek hulle uithaal.
Want my mense het lanklaas so lekker saam gelag! Daar word geskerts en goedhartig houe uitgedeel en in konsternasie gegil en kliphard geskater… En bo in my studeerkamer sit ek soos ‘n uil op ‘n kluit, maar met ‘n reuse glimlag op my gesig.
That first Christmas was really very basic.
It’s okay if yours is too.
Dis ewe Facebook wat my herinner hierdie week. Amelia vertel hoe die Amerikaners weke lank kersgeskenke koop en beplan en teenoor mekaar afpak oor hoe die tred van die inkopies verloop. Hier in Newbury hoor ek oral hoe almal se gesprekke begin met: “How far is your Christmas shopping?”
Ek weet nie waar in Suid-Afrika of die wêreld jy jou bevind nie, maar daar waar ons nog altyd geparkeer het, ken ons nie dit nie. Kersfeesinkopies was nog nooit so ‘n groot sport in die gemeenskappe waarin ons geleef het nie. By ons was dit eerder ‘n kwessie van: “Kom die kinders huistoe vir Kersfees?”
Nog iets om aan gewoond te raak.
Of die feit dat kerktoe gaan jou amper in dieselfde klas plaas as die hippies van destyds.
Vreemd, eienaardig… eksentriek selfs!
By die haarsalon nou-die-dag vra een van die mans haarkappers vir my wat ons gewoonlik doen op Kersdag. Ek vertel met smaak vir hom dat dit gewoonlik so lekker warm is, dat ons Kersete meestal bestaan uit koue vleise en slaaie wat al die dag vantevore gemaak kan word. Dan gaan almal saam kerk toe op Kersdag en na kerk eet en kuier almal saam en niemand hoef hulle dood te werk nie.
“Wow! That’s very serious!”
Omdat ons Kerk toe gaan op Kersdag.
“But we’ve got a lot to celebrate!”, kan ek myself nie keer nie.
“I’ll maybe walk past there, if it’s a nice day…”
“It made me glad to hear them say,
‘Let’s go to the house of the Lord!”
Psalms 122:1 CEV
Om saam die Here te dien is ‘n wonderlike voorreg.
Om sommer aan te neem dat wat ookal op ‘n Sondag gebeur sal gebeur nádat ons uit die kerk uit kom, is ook.
Om nie in die openbaar daaroor beskaam te word nie, is een van my heerlikste herinneringe aan Afrika.
“Not only do I need friends who share in my desires and convictions, and not only do I need mentors who can support, encourage and advise me as I journey to God,
but I also need a community with whom I can participate
in the proclamation of the Word and the celebration of all that the Word means to me.
Like the baby Jesus, I need a "holy family" to belong to.
I need to belong to something bigger than myself.
If I don't, then I run the risk of developing a sort of God-and-me spirituality
with no support systems to hold me up when I am weak,
no prophets to challenge me when I am wrong and
no party-mates with whom I may celebrate the Lord's goodness in my life.” ― Mark E. Thibodeaux
Jou temalied vir die week: Make room
Comments