“If you do what you’ve always done,
you’ll get what you’ve always gotten.”
Vanoggend by Newbury Baptist Church lees ons uit Lukas 5. Simon Petrus, Jakobus en Johannes was moeg na ‘n lang nag se geswoeg – tevergeefs – en het hulle visnette gaan afwas. Hulle moes seker stamp-stamp hulle weg baan, want vir een-of-ander rede was daar hierdie oggend honderde mense op die strand by die meer van Galilea.
Oppad terug sou hulle sien dat die Rebel van Nasaret jou wraggies pens-en-pootjies binne in Petrus se boot geklim het en dan nog ewe vra dat hy, Petrus, met Hom ‘n ent die meer in moes roei. Die skare het gekom om na Hom te kom luister, maar hulle oorgretigheid het Sy boodskap in gedrang gebring en Hy moes Homself beter hoorbaar maak.
In daardie oomblik moes Petrus geweet het dat dit ‘n waterskeidingsmoment was. Tot nou toe het niemand behalwe Johannes die Doper hulle alliansie met hierdie revolusionêre figuur openlik gewys nie.
“If you do what you’ve always done,
you’ll get what you’ve always gotten.”
Petrus besluit om iets anders te doen as wat hy nog altyd gedoen het.
Daardie dag was dit so eenvoudig soos: “Gee My wat jy het.”
Wie weet hoe lank Jesus gepraat het, maar toe Hy klaar was het Hy vir Simon gesê om selfs nog dieper uit te roei en weer sy nette uit te gooi.
Een moment se gehoorsaamheid bring ‘n hele nuwe dimensie van Jesus se beeld na vore.
Vir die eerste keer hierdie woord: Master – ἐπιστάτης – epistates: the legal standing of ownership.
‘Master, we have worked hard all night long and have not caught a thing.’ “
En hierdie een sinnetjie dan:
“ ‘But if You tell me to…’ “
Lukas 5:5 CEV
Petrus besluit om iets anders te doen as wat hy nog altyd gedoen het en hy gee vir Jesus wat hy het.
Jesus vra nie van Petrus op daardie oomblik om berge te versit met sy geloof of miljoene volgelinge vir die Christelike geloof te wen of dowes te laat hoor of blindes te laat sien nie.
Dit sou kom.
Op daardie oomblik vra Jesus van Petrus bloot om Hom deel te maak van sy dag se taak.
Dit klink dalk nie na veel nie, maar soms is bereidheid om oor te gee al wat ‘n mens oorhet na ‘n lang dag, of maand, of jaar op jaar se struggle en hartseer en pyn.
Dalk is die vleis aan jou bene en die klop van jou hart die enigste offer wat jy het om te bring.
Vanoggend het dit gevoel of dit vir mý is wat Hy sê soos wat Hy daardie dag vir Petrus gesê het: “Vandag is nes elke ander dag, maar dit is ook nie. Moenie bang wees nie!”
“Then they left everything
and went with Jesus.”
Dit sou hier wees waar Petrus se storie regtig eers begin. Elke vasgevangde Bybelmoment van Petrus se lewe vorentoe, sou kon terugwys na daardie dag wat hy iets anders gedoen het as wat hy nog altyd gedoen het.
Die dag toe hy vir Jesus gegee het dit wat hy het.
Jou temalied vir die week: Control
Comments