My bestie het 40 geword hierdie week en pleks dat sy bederf word met alles wat mooi is, kry sy ‘n positiewe COVID-toets terug. En ek dink aan 40…
In die Bybel word 40 as ‘n tydperk gereeld gebruik om ‘n duidelike onderskeid te tref tussen twee tydvakke – of dit nou 40 dae of 40 jaar is.
‘n Brug.
Oorbruggingstyd.
Laat my dink aan verder studeer en hoe mens somtyds die kans gegun word om ‘n oorbruggingskursus te doen as die aanloop tot die groot moment toe nou nie na wense verloop het nie. Alles om seker te maak die afloop daarná verstryk sonder te veel spoedhobbels.
Psalm 40 het nou al lank vir my ‘n baie persoonlike betekenis. Daardie appel van die Here se oog wat nog steeds deur die duiwel uitgevang is…
“Satan will set you up to bring you down
if you are not focused on
God’s purpose
God’s plan
God’s will
for your life.”
Troos…? Die Here tel op uit die modder en maak voete stewig staan op die Rots wat ewig is.
Kan nie help om vanoggend hieraan te dink toe ek by Jeremia 40 kom nie.
Jeremia was blaamloos, sover ek kan sien, maar die profeet word gedurig geteister en verniel. Totdat guns in sy rigting draai en sy hele lewe letterlik in ‘n oomblik verander…
“I was led away in chains along with the people of Judah and Jerusalem who were being taken to Babylonia. Nebuzaradan was the officer in charge of the guard,
and while we were stopped at Ramah,
the Lord caused him to set me free.”
Jeremiah 40:1 CEV
Jeremia se brug? Sy vyand. Sy tronkbewaarder.
Hoeveel keer in die dae hierna moes Jeremia nie aan hierdie oomblik gedink het nie? Toe alles reeds verlore was en dit nog net die deur was wat agter hulle moes toeklap met hulle eerste treë in Babel in…
Jeremia se hulp lyk nie soos hy nie, praat nie soos hy nie, glo nie soos hy nie.
Maar die Here gebruik hom.
En as Jeremia nie daardie dag gefokus was op God se doel en plan en wil vir sy lewe nie, het hy dit sweerlikwaar gemis.
Die brug gemis.
Ek kan nie bekostig om één dag af te vat nie.
Ek kan nie bekostig om net vir een dag my kosbaarste besitting – my redding – op die klip langs die watergat te los terwyl ek roekeloos baljaar asof die somer nooit sal einde kry nie.
Ek bid vir ‘n helder verstand en gees om raak te sien wat die Here wil hê dat ek raak moet sien.
Hý vat my van hier na daar.
En soms bou Hy brûe waar ons net wrakke sien.
Jou temalied vir die week: Not done yet
Commentaires