top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Is jy okay?

Writer's picture: Maxie HeppellMaxie Heppell


Vandag was nog ‘n langafstandbegrafnisdag.

Daar was te veel van hulle hierdie jaar.


Is jy okay?


[Antwoord]


Is jy okay?


Die hefboom wat die wêreld se las van iemand se skouers kan oplig het min te doen met jou vermoë om die las oor te neem en hulle ewewig in hierdie lewe te herstel.


Dit lê bloot in weer vra.


Een keer is maklik(er) om voor te hou.

Voor te gee.

Met ‘n grappie of ‘n spitsvondige kwinkslag die draai van die gesprek te verander.


Weer vra stop die bus.

Weer vra laat die weghardloper omdraai.

Weer vra blaas die flikkerende vlammetjie van hoop dat dinge anders kan wees, aan.


Is jy okay?


“…I can’t let you go.

I can’t give you up.”

Hosea 11:8 CEV



Jou inspirasie vir die week: Known



Коментарі


  • White Facebook Icon
Bietjie oor my

Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie.

'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses (en die gevolge daarvan) het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het.

Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite!

 

Lees meer hier...

 

© 2023 by Going Places. Proudly created with Wix.com

bottom of page