“We cannot be more ready to tell our troubles to God
than He is to hear them.”
“There are times when we are so troubled
that we cannot speak.
At such times the trouble speak,
the afflicted soul lies open to God.”
En dit is in hierdie gemartelde sielstilte dat ek myself soms net wil onttrek uit hierdie wêreld. Dat ek net êrens onder ‘n boom op ‘n eiland, weg van nuus en sosiale media en mense se verwagtinge, wil gaan wag vir die Waarheid om sin te maak van ‘n wêreld wat oënskynlik in ongelyke mate beide lieflik en afstootlik is.
Maar daar is nie ‘n 1-2-3-blok-myself plek nie.
Daar is nie ‘n plek waar ek my papiere kan ingee en sê: “Dankie, maar ek speel nie meer nie.”
Behalwe, by die Here.
Hy verstaan maar te goed.
Daardie nag op Getsemané was dalk vir Sy menswees so ‘n oomblik.
Maar hoe anders sou ons storie uitgedraai het as Hy toegelaat was om te abdikeer.
Hoe erg die koerantopskrifte en die 24-7-365 beeldmateriaal ookal is – stel jou voor dit alles… sonder Christus.
Geen Jesus tussen die betogers en in die polisiekarre en in die plaashuise en die sinkplaathuisies nie.
Geen Jesus tussen die koeëls wat vlieg op die Flats en die soveelste huisbraak in Wavecrest nie.
Geen Jesus in die strate van Marabastad en Sandton en Boompie nie.
Geen Jesus in Dora Nginza en Universitas en Tygerberg nie.
Geen Jesus in die Pink Panther en Hooters en Teazers nie.
Geen Jesus in die polisieselle en die kroeë en in die kerke nie.
In so ‘n wêreld, sal hulle nie net jou geld, jou goed en selfs jou asem kan steel nie… maar ook jou siel.
Hoe baie het ons nie om voor dankbaar te wees nie.
“I am everywhere—
both near and far,
in heaven and on earth.
There are no secret places
where you can hide from me.”
Jeremia 23:24 CEV
Geen sonde is donker genoeg om die Lig uit te hou nie.
“Sin is but the cloud behind which the everlasting sun lies in all its power and warmth,
unaffected by the cloud;
and the light will yet strike, the light of His love will yet pierce through,
with its merciful shafts bringing healing in their beams,
and dispersing all the pitchy darkness of man’s transgression.
And as the mists gather themselves up and roll away,
dissipated by the heat of that sun in the upper sky, and reveal the fair earth below –
so the love of Christ shines in, melting the mist and dissipating the fog,
thinning it off in its thickest places, and at last piercing its way right through it,
down to the heart of the man that has been lying beneath the oppression of this thick darkness,
and who thought that the fog was the sky,
and there there was no sun there above…”
Alexander MacLaren
Jou temalied vir die week: God with us
Comments