top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Jy mág maar vra



Isidor Rabi was die Nobelpryswenner vir wetenskap in 1944.  Hy is op ‘n keer gevra hoe hy besluit het om ‘n wetenskaplike te word. 

 

“My ma sou my elke dag na skool uitvra oor my dag.  Sy het nie regtig veel belang gestel in wat ek geleer het nie, maar wou elke dag weet: ‘Het jy vandag ‘n goeie vraag gevra?’ “

 

Isidor Rabi het ‘n wetenskaplike geword omdat hy goeie vrae gevra het waarvan hy nog nie die antwoorde geken het nie, en hy was vasbeslote om dit te verander.

 

Vrae vra was vir hom goed.

 

Jesus het ook vrae gevra.

Maar Jesus het nooit vrae gevra omdat Hy nie die antwoord geken het nie.

Jesus se vrae was altyd ‘n uitnodiging tot gesprek.


Jesus se vrae was goed vir ander.

En dit is tot vandag toe nog so.

 

Toe Jesus in die omgewing van Sesarea-Filippi kom, vra Hy sy dissipels:

“Wie dink die mense is Ek, die Seun van die Mens?”

“Wel,” antwoord hulle, “party sê U is Johannes die Doper, ander weer Elia, nog ander Jeremia, of een van die ander profete.”

Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?”

Matt 16:15 NLV

 

Jesus het presies geweet wat die mense van Hom gesê het.

Hy het ook geweet wat die dissipels van Hom gesê het.

Maar Hy nooi hulle uit om hulle harte te ondersoek en in gesprek te tree met Hom.

 

Op ‘n manier is die antwoord op hierdie laaste vraag van Jesus, die begin van die antwoord op al ons vrae.

 

Want as ek sê dat ek glo in God,

die Skepper van die hemel en die aarde…

dan antwoord dit op ‘n manier my vele vrae oor waar my aardse voorsiening en voorspoed vandaan sal kom.

 

As ek sê dat ek glo in Jesus Christus, Sy eniggebore seun,

gebore uit die maagd Maria,

wat sit aan die regterhand van God die Vader,

vanwaar Hy sal kom om te oordeel,

die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het…

dan antwoord dit op ‘n manier my vrae oor die onregverdigheid van hierdie wêreld en my plek daarin.

 

As ek sê dat ek glo in die Heilige Gees,

dan antwoord dit op ‘n manier my veelvuldige vrae oor al die leemtes in my geestelike lewe waar ek hulp en ondersteuning nodig het.

 

Die feit dat ek weet waarin ek glo, is alreeds ‘n antwoord.

En soms is dit al wat jy het om aan vas te hou.

Vir nou.

 

"Let us be a people of questions,

for in asking,

we admit our lack and His sufficiency.

In seeking,

we acknowledge our blindness and

His vision.

In knocking,

we recognize our exclusion

and His invitation."

 

Jesus het nooit geweier om die deur oop te maak vir diegene wat kom met hulle vrae nie.

Jy mág maar vra.

 

 

Jou inspirasie vir die week:  When I found Jesus


Comments


bottom of page