top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Kransbeheer


“God would not forwarn with such variety of argument,

if He did not deeply love.”


Variety, indeed.


Vir die eerste keer lees ek in die Bybel die gedeelte raak van Esegiël se eenmanstuk in die dorp in Babel waar hy gebly het , kompleet met steldekor en aksies, maar geen woorde nie.


Die kykerreaksie was beklaenswaardig, om die minste te sê.


“The next morning, the Lord reminded me that those rebellious people

didn’t even ask what I was doing. So He sent me back to tell them…”

Ezekiel 12:8 CEV


Vir die soveelste keer in my eie lewe hierdie week het ek net weer bewus geword van die Here se bereidheid om Sy wysheid en leiding met ons te deel, as ons net in opregtheid daarna soek.


Soms sien jy ook ‘n toneel voor jou afspeel.

Ander kere is jy dalk ingestel op die regte klankbaan.

En sommige kere lees jy dit raak wat vir jou, in jou omstandighede, in die stukkie-in-tyd waarin jy jou nóú bevind, sin maak.


Dit is alles maniere waardeur die Here met ons wil… connect.

En dis net asof iets in jou kliek: Jip – ek weet dit is U, Here.


Om een-of-ander rede is dit egter soms vir ons moeilik om die waarskuwings raak te sien.


Die mense waarna in Esegiël verwys word, was opregte rebelle – hulle ma’s en pa’s het tien-teen-een ook gerebelleer teen die Here en Sy plan vir hulle lewens.

Maar ek sien myself nie noodwendig as een nie. My ringvinger tattoo is geen bevestiging daarvan nie. En tog…


Om opreg na die Here se leiding te vra is een ding. Om te luister wanneer Hy vir my wys wanneer ek besig om droog te maak, wel…


Is dit omdat ek te lui is om om te draai uit my gemaklike afdraende pas van die nabye verlede?

Of is dit omdat ek halstarrig bly vasklou aan ‘n visie vir my toekoms wat nie noodwendig in die hemel gebore is nie?


Wat dit ookal is – die Here se waarskuwings kom hard en duidelik en dit kom gereeld.

In vele vorme.

Sy liefde vir ons dring Hom.


As ek dan vra vir leiding en wysheid, behoort ek ook soos Dawid te kan vra:


“Search me [thoroughly], O God, and know my heart;

Test me and know my anxious thoughts;

And see if there is any wicked or hurtful way in me,

And lead me in the everlasting way.”

Psalms 139:23 Amplified Bible


Weg van die rand van die krans af.

Uit liefde.

Op welke manier ookal.



Jou temalied vir die week: Graves into Gardens





bottom of page