top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Maak maar vol!


Die Here se genade vir ons is altyd so… vooruitskouend.

So… strategies gereed.

Reeds van die heel-heel begin af.


Dit net vandag weer besef toe Ds. Richard met ons deel:


In die vroeë kerk sou die gebede baie lank en uitgebrei wees en die verwagting was dat die kerkgangers sou bly staan hiervoor. Later jare het hulle besef dat ouer mense en ander wat nie so stewig kon staan nie, dit moeilik vind.


Die uiteinde – en wat vandag blykbaar nog in baie van die ou Engelse kerkies gevind kan word – is ‘n tipe kerkbankie waarvan die sitplek kan opslaan. Die sitplek was egter van ‘n redelike dikte, so as die bidders dan moeg word van die lank staan, kon hulle ‘n bietjie van die las aflaai deur terug te sit op die rand van die regop-geligte sitplek. Hulle staan steeds, maar kry net so bietjie ondersteuning.


En daardie sitplek noem hulle: misericord, of in gewone Engels - “mercy seat”. Soos daardie deksel van die Verbondsark.


En is dit nie presies wat ‘mercy’ is nie?


Dit ontken nie ons swakheid nie, maar dit ondersteun ons wanneer ons dit die nodigste het.

So kom ek af op die oorspronklike Hebreeuse weergawe van die Thirteen Attributes of Mercy waarvan ons lees in Eksodus 34:6-7:


“Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here:

‘Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.

Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde,

maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie…’ “

1983-Afrikaanse Vertaling


Hier word dit net so bietjie uitgepak – nie soseer as die eienskappe van God nie, maar meer spesifiek as die manier waarop God met Sy skepsels omgaan:


1. ‘n Ingestelde bereidheid om deernis te betoon nog vóór Sy kinders struikel

2. Deernis vir wanneer Sy kinders struikel

3. Genoeg deernis om uit te deel aan almal in die mate waarin dit benodig word

4. Genade in oorvloed, sodat die mensdom nie benoud sal wees nie

5. Genade in oorvloed wanneer die mensdom reeds benoud is

6. Stadig om kwaad te word

7. Die perfekte beeld van ‘kindness’

8. en Waarheid

9. Wat Sy ‘kindness’ aan duisende kan bewys sonder om leeg te raak

10. Wat ongeregtigheid vergewe

11. en oortredinge

12. en sonde

13. Die Bron van oneindige vergifnis


(Skuus, maar my Afrikaans bevat nog nie ‘n woord wat die begrip van ‘kindness’ genoegsaam kan omskryf nie.)


Ek kan nie help om my eie mercy-meter hiermee te vergelyk nie. Sommige dae is my tenk vol en spat die ‘mercy’ sommer alle kante toe uit. Maar meer kere as wat ek sou wou erken, hardloop ek op wasems en kry díé wat dit die minste verdien, net die rookdampe van ‘n tenk wat leeg geraak het.


Hierdie jaar wil ek opsetlik maniere kry om vol te raak.

Vol van genade.


Soos Richard vanoggend gesê het:


“I would rather be charged with being too merciful a thousand times,

than with being righteous once.”



Jou temalied vir die week: Run to the Father


Comments


bottom of page