top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Maak my blind, Here


Ek het lanklaas so magteloos gevoel as hierdie afgelope week.

Deel van die hele trek-ekspidisie was dat ons garage in ‘n kantoor vir my omskep sou word. Tot dan, moet al die kantoorgoed maar in die nuwe huis se garage gestoor word, en ek sit in die nuwe huis se kombuis en werk.

Maar so raak drie kritiese bokse werkgoed in die hele trekgedoente weg. Spoorloos. Sonder om te groet.

Ek trotseer die wind en reën om te gaan grou in daardie garage. Ek klim bo-oor kratte en rek en strek om agter los matte te loer en sny elke liewe boks oop – net om seker te maak daar is nie dalk kantoorgoed in stoorgoed bokse gepak nie.

Maar niks. Nada. Nothing.

So gaan dit vir vier dae.

Op dag drie besef ek die sinneloosheid van my soeke elke dag en vra toe maar die Here om asseblief te help.

Op dag vier is my ego op sy knieë en gee ek totaal oor aan die Here. In magtelose erkenning bely ek dat Hy die enigste Een is wat nou sal kan help.

Op dag vier gaan soek ek weer. En daar waar ek al 20 keer gesoek het, is ‘n boks groot gemerk OFFICE wat nog mooi toegeplak is. Kan dit….?

Gly-gly oor die nat plaveiselsteentjies terug huistoe vir ‘n mes om oop te sny en wraggies waar – binne-in hierdie een boks is presies die drie wat ek in al my angstigheid nou al vir dae gesoek het!

Ek verstaan nie.

Hoekom nou juis hierdie een?

Hoekom dit vir my verborge hou?

Hoekom my blind maak vir dit wat eintlik so ooglopend sigbaar is?

Ek verstaan nie.

Wat dit wel kom doen het, is om my te herinner aan vroeër tye toe ek en manlief ook eers aan die einde van onsself moes kom, voordat ons reg was vir die Here se ingryping.

Was dit U plan, Here?

‘n Tennisvriendin spot my nou-nog dat ek so maklik sê: “Ek hét dit!”

Ek het nie hulp nodig nie. Ek is okay. Ek sal dit uitfigure.

Jeremia self sou nie Babel toe gaan nie, maar in Jeremia 29:4 het hy ‘n boodskap van die Here gehad vir die gevangenes wat oppad was:

“I had you taken from Jerusalem to Babylonia.

Now I tell you to settle there and build houses.

Plant gardens and eat what you grow in them.

Get married and have children,

then help your sons find wives and help your daughters find husbands,

so they can have children as well. I want your numbers to grow, not to get smaller.

Pray for peace in Babylonia and work hard to make it prosperous.

The more successful that nation is, the better off you will be.”

Dis so ‘n hoopvolle boodskap! ‘n Mens kan die vrede daarin aanvoel en die goedgunstigheid van die Here daarmee saam.

En dan, bietjie verder – in hoofstuk 30:

“Israel, you belong to Me,

so don’t be afraid.”

Jeremiah 30:10 CEV

Dankie vir my blindwees dae, Here,

dat ek weer kan onthou

van U voorsienigheid.

Veral as ek dink ek hét dit.

Jou temalied vir die week: You hold it all together


Comments


bottom of page