top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Meermaker

Writer's picture: Maxie HeppellMaxie Heppell

Praise Him, and you will praise Him more.

If you do not praise Him, you will never praise Him.


Interessante gedagte hierdie.


Die idee dat lofprysing méér lofprysing aanwakker.

Die onverklaarbaarheid daarvan dat hoe meer ons dankbaarheid saai, hoe meer opslagvrugte sal ek in my eie hart vind.

Hoe meer ons mense liefhet wat anders as ons is, hoe meer sal ons liefde vir mense vermenigvuldig.

Hoe meer ons mense vergewe, hoe makliker sal dit word om mense te vergewe.


Dit beteken nie noodwendig die eerste keer sal maklik wees nie. Maar as hierdie teorie die waarheid is, dan moet ek net vra vir daardie eerste…


If we open our mouths to God in prayer,

He will fill them more and more with suitable petitions and arguments.


Al is my eerste pogings maar skeef en dom, Hy self gee daai plantjie water.

En dan steek dit wortels uit en staan later sommer self lekker stewig en dan kan mense soos Ma Stella wat oral loop en stiggies maak het, selfs ook daarvan kom haal. Sien…


Every grace in us is increased by the use of it.


Sou die teenoorgestelde nie ook maar waar wees nie, wonder ek?


As ek die Here nie loof nie, sal ek later nog die vrymoedigheid hê?

As ek nie elke goeie gawe deur die oë van dankbaarheid ervaar nie, sal dankbaarheid later vir my so ‘n vreemde konsep word dat ek selfs nie eers my kinders daarvan sal kan leer nie?

As ek nie ander wat nie soos ek is kan liefhê nie, sal ek later dan nie maar net myself liefhê nie?

En as ek daardie één mens nie kan vergewe nie, word dit nie makliker om nóg een en nóg een en nóg een nie te vergewe nie?


Asaf se treurmare in die boek van Psalms strek oor ‘n hele tydperk en al is daar oomblikke van verligting, is dit maar ‘n donker spul.


Tog, so in die middel van die konsternasie dan hierdie inspirasie:


“Lord God All-Powerful,

You bless everyone who trusts You.”

Psalm 84:12 CEV


En ek dink: Wanneer ek meer aan my uitdagings dink as aan my God, hoe meer en groter word my uitdagings en hoe kleiner en minder word my God.


Maar hoe meer ek my Meermaker vertrou, hoe meer maak Hy my…

dankbaar,

liefdevol,

vergewinsgesind,

meer in staat om Sy skadu dwarsoor elke spoor agter my te sien, en

meer bereid om Hom ook te vertrou op die onbekende pad vorentoe.



Jou temalied vir die week: With You


Comments


  • White Facebook Icon
Bietjie oor my

Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie.

'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses (en die gevolge daarvan) het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het.

Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite!

 

Lees meer hier...

 

© 2023 by Going Places. Proudly created with Wix.com

bottom of page