top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Meesterverwer


Deur die nag lê ek wakker en dink aan ‘n kind aan ‘n paal.

Ek verbeel my ek hoor sy pa se roepstem en dan… die verskriklike gedagte as die bakkie tot stillstand kom: my kind is dood.


En in my stoot emosies op wat ek nie aan sy pa kan toeskryf nie – ek ken hom glad nie – maar dit is dierlik en dit is rou en dit roep om vergelding ten hemele die nuwe dag in…

Ons het ons nuwe huis se sleutels gekry en gister is daar groot gewerskaf in die agterplaas. Jare se klimranke moes uit en ek en manlief werk soos ‘n span. Die plan: Eers net alles van die waggelende houtmuur tussen ons en die bure aftrek wat kán af, en dan sal ons die res met die elektriese snyer bykom.

En daar trek ons weg - spook en spartel om soveel en so vinnig moontlik die verdraaide plantmassa van die muur af te kry. Maar soos die sê-ding lui: Met geweld… Hierdie houtmure tussen erwe is nie gemaak vir geweld nie! Wat vir my nogal teleurstellend was. Die gepluk en stoei met die plante en om te sien hoe die dooie ondergroei wegval en die skoon houtmuur weer alleen staan, was uitermate terapeuties.

Maar my man se hand bloei en ons wou nie ‘n muur vervang nie, so van daar af het die verwoesting baie versigtiger gebeur.

Dit het bietjie meer tyd geneem, maar uiteindelik was die muur skoon.

In totale kontras vang my oog die verwer deur die glasdeure wat op die stoepie uitloop. Hy was besig om die Blue Fringe blou teen die een muur in te sny sodat hy net later met die roller die groot werk kan doen.

Ek gaan in om te sê hulle moet hulself help met die Marmite-koek wat ek vroegoggend gebak het, maar die verwer is so hard besig om te konsentreer op die diepblou lynreg teen die res van die wit mure, dat hy my nie eers antwoord nie.

Absolute konsentrasie, presiese lyne, ongejaagd, in totale beheer.

Met ‘n foutlose plan, ‘n geoefende hand.

“I will give them a desire to know Me

and to be My people.

They will want me to be their God,

and they will turn back to Me with all their heart.”

Jeremiah 24:7 CEV

I will.

I will give.

I will give them a desire.

Here,

help my om te onthou dat die Gees soos helende water klipmassas kan deurkloof

waar hamers en beitels nie kan bykom nie.

Jou temalied vir die week: It’s gonna be OK


Kommentarer


bottom of page