“You should dance with the skeletons in your closet.
Learn their names,
so you can ask them to leave.
Have coffee with your demons.
Ask them important questions like, ‘what keeps you here?’
Learn what doors they keep finding open,
and kick them out.”
Unknown
Ons almal het mos maar ‘n knoppie, voel dit vir my, en maak nie saak wie daardie knoppie druk nie, die geraamte wat agter daardie deur skuil, is altyd dieselfde een.
Die gelag is dat die een wat die knoppie druk, gewoonlik nie eers weet dat hulle besig is om die bene te laat ratel nie.
Om jouself in die grond in te werk omdat jy steeds bang is hulle dink jy is lui.
Om bang te wees om ‘n piep te maak oor ‘n nuwe pyn omdat hulle dalk dink jy soek aandag.
Om te huiwer om verskoning te vra oor ‘n fout omdat hulle dan al jou werk in twyfel mag trek.
Dit alles is bloot ‘n manier om ons gevange te hou in die boksie van ‘goed genoeg wees’.
Maar ek is.
Jy is.
God het so gedink.
Goed genoeg om in die fynste detail aanmekaar geweef te word.
Goed genoeg om lief gehê te word tot die bloed loop.
Goed genoeg om ‘n porsie asem gegee te word wat niemand anders s’n is nie, net joune.
Die Israeliete was ver van perfek af. Die stamme van die Noorde en die van die Suide sou hulself dalk sien as een bo die ander, maar in die oë van die Here, het hulle almal gesondig en verdien om te sterf.
Steeds is Sy genade groter. Steeds word Sy toorn dondertone gedemp deur die agtergrond melodie van ‘n Vader se genade.
Ek lees hoe die dag gekom het dat die Here Sy liefde ook vir die nie-Jode kom deel het met die mense van Hosea se tyd:
“They are now called ‘Not My People’,
but in the future they will be called
‘Children of the Living God.’ “
Hosea 1:10 CEV
Die voorvereiste hiervoor was nie perfeksie nie.
“So let your brothers be called ‘My People’
and your sisters be called ‘Shown Mercy’.”
Hosea 2:1 CEV
Genade maak ons waardig.
Net dit.
Dit was ‘n baie lang en besige week en toe ek op my moegste was, kom plons hierdie ou-ou liedjie (met ‘n twist) in my gemoed:
Do what you do do well, boy
Do what you do do well.
Ek het nooit die do-do-do verstaan nie, of dalk het ek net nooit daaroor gedink nie.
Maar hierdie week het ek.
Do what you CAN do, and do it well.
En dis toe net daar dat ek nuwe woorde vir die wysie kry:
Do what you do do well, girl
Do what you do do well.
Do your best, and
forget the rest let God do the rest, and
do what you do do… do it well.
God weet ons is nie perfek nie.
Hy’t voorsiening gemaak daarvoor toe Hy Sy perfekte Seun as losprys gegee het.
Moenie langer die leuen glo dat net perfekte mense liefde verdien nie.
Hy het ons nie lief omdat ons perfek is nie,
maar omdat Hy perfek is.
Jou inspirasie vir die week: Ways for me
Comments