top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

My Maandag Mantra


“It’s true that I, the Lord God, have forced you out of your own country and

made you live among foreign nations.


But for now, I will be with you wherever you are, so that you can worship me.


And someday, I will gather you from the nations where you are scattered and

let you live in Israel again. When that happens,

I want you to clear the land of all disgusting idols.


Then I will take away your stubbornness and

make you eager to be completely faithful to me.

You will want to obey me and all my laws and teachings.

You will be my people, and I will be your God.”

Ezekiel 11:16 CEV


Hierdie week het Esegiël ‘n meer direkte pad met my gestap en ek leer:


1. Dit was dalk nodig om my posbus te skuif sodat ek weer iets anders as gemorspos kan kry.

2. Wanneer ek ver van die Here af voel, moet ek onthou: Hy het nie beweeg nie.

3. Eendag behoort aan die Here.

4. My werk is Sy werk.

5. Geen selfhelpboek kan my harde hart of my harde kop sag maak nie. Maar Hy kan.

6. Ek kan nie die tv se kanale verander nie, maar Hy kan.

7. Ek kan nie my naaste naaste genoegsaam liefhê nie, maar Hy kan.

8. Ek kan nie nog ‘n keer in ander se drama betrokke raak nie, maar Hy kan.

9. Ek kan nie ander se foute miskyk nie, maar Hy kan.

10. Omdat Hy kan, kan ek.


Hierdie week is daar niks wat ek en Hy sáám nie sal kan hanteer nie.

Hierdie week is daar niks wat my van Hom sal kan skei nie.

Hierdie week is daar niks wat ek kan doen wat Hom Sy rug op my sal laat draai nie.


Hierdie week is daar niks meer belangrik as Hy nie.

Jou inspirasie vir die week: Over again


Comments


bottom of page