Dit is 31 Desember.
Ek kan nog ‘n blokkie met ‘n groot kruis toemaak vir enige verdere verandering, want dit is klaar.
Finito.
Overs-kedovers.
Maar hierdie jaar wil ek begin om my dae anders te merk.
Met klein kolletjiestippels wil ek daardie oop vierkant toemaak met alles wat goed was in elke dag, ‘n stippeltjie vir elke een.
En dit beteken ek kan teruggaan en gaan bystippel wanneer ek onthou van
‘n goeie oomblik,
‘n goeie gevoel,
‘n goeie (uiteindelike) uitkoms.
Want in die oomblik, kan die goedgeit van dese oomblik vir my menslikheid verbloem wees.
Maar omdat ek nie meer my dae toemaak vir verdere verandering nie,
mag die Hemele later, in die blokkies daarna,
my laat sien hoe goed daardie dag eintlik was.
Ek ek kan teruggaan.
Om te gaan stippel waar ek dit die eerste keer gemis het.
Wanneer die Here jou help sien waar jou blokkies nog stippeltjies kort,
leer skryf Hy jou met ‘n drukpotlood.
Want mens kan nie skryf met ‘n drukpotlood as die druk binne-in jou
elke nuwe merkmaakloodjie breek nie.
‘n Mens raak bang om te skryf, want
die druk
is net
te
veel.
Eers as jy leer om te stippel en los,
stippel en los,
maak die refrein van dankies wat jy so versamel
die vensters van jou siel oop
en die druk
ontsnap
en al die loodjies
bly heel.
Mag jy hierdie jaar, in elke nuwe dag, ‘n oop blokkie vol belofte sien.
Mag jy helderheid van verstand kry om te sien wanneer jy ‘n stippeltjie gemis het.
Mag die vensters van jou siel oop bly
sodat die druk nie ‘n kans kan kry
om jou loodjie
te laat
breek
nie.
Ananias protested, “Master, you can’t be serious.”
Acts 9:13 The Message
But the Master said, “don’t argue. Go! I have picked him…”
Acts 9:15 The Message
Paul stood up, paused and took a deep breath, then said…
Acts 13:16 The Message
“…we’re here today bringing you the good news…”
Acts 13:32 The Message
Oop vensters en al.
Jou inspirasie vir die week: Don’t get me started
Comments