“But I’ve strayed so far from normal now,
I’ll never find my way back.
And the truth is –
I no longer want to.”
Alyson Noel
“Once this is all over,
I’d have to decide which
part of normal
I want to go back to.”
Ek weet nie of ons besef presies hoe groot hierdie gebeurtenis in die bestaan van die mensdom is nie. Reg of verkeerd: In my oë sou dit vergelyk kon word met die wêreld na Noag se vloed, of die wêreld na Hitler se dood.
Want vir die eerste en enigste keer in jou lewe, sal jy die keuse hê, nee… die geleentheid hê om ‘n Nuwe Normaal te skep.
Dit wat vantevore was en voorgehou is as die norm, hóéf nie meer te wees nie.
Ou waardes, of dalk die gebrek daaraan…
Ou skeidslyne en hulle geskiedenis…
Ou geloofsisteme en hulle grensdrade…
“The time is coming when the Lord will
make His land fruitful and glorious again,
and the people of Israel who survive will take
great pride in what the land produces.
Everyone who is left alive in Jerusalem
will be called special,
after the Lord sends a fiery judgment
to clean the city and its people
of their violent deeds.”
Isaiah 4:2 CEV
Om te droom van dinge om weer terug te gaan soos dit was, is dalk net ‘n strik wat die vyand wil gebruik om die groei wat ons kan beleef na hierdie veldbrand, ongedaan te maak.
Om te wens alles kan maar net weer normaal wees, is om die minste onder ons se “normaal” totaal te misken. Ek hoef dit nie uit te lig nie. E-nuus elke aand om 7 doen dit goed.
Maar mense is reeds besig om die draaiboek te verander.
Midde-in die vertoning gryp gewone mense pen en papier en skryf nuwe uitkomste in waar daar andersins net tragedie en ‘n dowwe eindgordyn sou wees.
Dit is nog lank nie die einde van hierdie menseslagting nie, maar die verwoesting wat die vyand daarmee beplan het, is reeds besig om in sy gesig te ontplof.
Mense gee weer om.
Mense sien mekaar weer raak.
Mense besef weer hulle afhanklikheid van die Here.
Normaal? Wie wil normaal wees as jy die uitgesoekte van die Lewende Here is?!
“You were chosen by God the Father long ago.
He knew you were to become His children.
You were set apart for holy living by the Holy Spirit.
May you obey Jesus Christ and be made clean by His blood.
May you be full of His loving-favor and peace.”
1 Peter 1:2 New Life Version
Loop jy kop omhoog met die merk van die Lam in hierdie Lydenstyd…?
“Normaal” was nog nooit deel van die vrug van die Gees nie.
As die gordyn weer opgaan vir die tweede bedryf, wees moedig anders… onse Jesus was ook… anders.
Jou temalied vir die week: There was Jesus
コメント