“As julle nie wil hoor nie, moet julle voel,” laat Minister Johnson van hom hoor. Dalk nou nie in soveel woorde nie, maar die sentiment is dieselfde.
Vir maande al is daar ‘n stipulasie dat nuwe aankomelinge op ons eilandjie vir 10 dae hulself moet isoleer by ‘n adres van hulle keuse. Tydens hierdie tyd, mag hulle glad nie die huis verlaat nie – slegs vir mediese noodgevalle.
Maar baie mense hoor nie en baie mense wat hoor wil nie luister nie en die virus gaan op loop.
Soveel so dat Downing Straat vasskop en ‘n stel nuwe reels op die tafel sit: Van die 15de Februarie af sal nuwe aankomeling op ons eilandjie vir 10 dae hulself moet isoleer by ‘n adres gekies deur die goewerment, gepatrolleer deur die goewerment, maar betaal deur die reisiger. Eina.
Natuurlik is daar ‘n geskop en gekerm en gekla… Sommige meen dit is onregverdig teenoor reisigers wat ‘n verdere verpligte uitgawe sal moet aangaan, terwyl ander meen dit moes al laaaaaankal wet geword het. “Too little, too late,” swerf oral op sosiale media rond.
“Too little, too late,” dink ek as ek verder deur Esegiël stoei.
Soms moet die Here ook ingryp.
Soms is ons eie vrye wil net te sterk vir ons eie beswil.
“It had been a long fight between self-will and God’s will;
and men often flatter themselves they are going to conquer.”
Vanaand is ek dankbaar dat die Here se regverdigheid hand-aan-hand loop met Sy genade.
Binne-in die vervloekte stad Jerusalem, vertel Esegiël daarvan:
“The Lord said to the man in the linen robe:
‘Walk through the city of Jerusalem
and mark the forehead of anyone who is truly upset and sad
about the disgusting things that are beign done here.’
He turned to the other six men and said,
‘Follow him and put to death everyone who doesn’t have
a mark on their forehead.’ “
Esegiël 9:3 CEV
Dit is opvallend dat hulle nie gespaar sou word deur hulle werke nie, maar deur hulle geestelike en emosionele ingesteldheid midde-in daardie tyd.
“…anyone who is truly upset and sad…”
En die kontras word vir my so duidelik:
“Reproaching of others for their sins
argues strength of corruption,
mourning for them
argues strength of grace.”
In hierdie dae dat mense duidelik en sonder om doekies om te draai kies om van die smal weg af te draai, mag dit so wees dat die oë van die pelgrims nie verwyte en oordeel skiet nie.
Mag die blik in ons oë mense nader lok uit die moddervleie van hulle eie wil,
mag hulle hulself wil toevou in die warm gloed van die liefde wat uit ons straal,
mag hulle wil hoor van die vrede wat om ons hang, oral waar ons gaan.
Om dit reg te kry beteken dat Hy soms my plan vir my lewe van my moet wegneem, ‘n nuwe stel reëls op die tafel oopgooi.
Ek ken Sy hart.
Daarom weet ek Sy reëls is altyd gelaai in my guns.
En daar wag ‘n merk vir my voorkop as my hart net sag genoeg is om dit te ontvang.
Jou inspirasie vir die week: Until You do
Comments