“Every cop needs a chair.”
“A chair? What does that mean?”
“It's whatever you use to decompress. For some people, it's a chair and a glass of Scotch. For others it's a favorite meal, a certain book. Anything. The sooner we do this, the sooner we get you back to your chair.”
S.W.A.T. Season 1, Episode 10
Leonard en Suzette kuier hierdie naweek by ons van Zambië af. Leonard vertel my man hoedat hulle huis teenaan ‘n groot oop stuk veld is en hoe sielsverkwikkend en rustig dit altyd is, veral vroeg in die oggend met die deure wawyd oop.
Daardie spesifieke dag sit hy en sport kyk op die TV, vat die remote op die tafeltjie langs hom en verander die kanale voordat hy opstaan en kombuis toe gaan. Met sy terugkom, sien hy hulle terggees seun het sweerlikwaar ‘n rubberslang gedraai om die pote van die tafeltjie met die remote op.
Toe nie. Daardie blink ogies is net té blink om rubber te wees.
Hy gaan gryp ‘n mop en probeer die slang net loskry sodat hy dit by die deur kan uitkry, maar ta seil onder sy stoel in. So stamp en stoot hy met die stok onder die stoel, maar nefie bly net daar. Uiteindelik is Leonard op sy knieë om te sien waar presies hy nou eintlik is, net om vierkantig in die pikswart slang, met die effense lemmetjiekleur skynsel, se kraalogies vas te kyk.
Toe hy weer die mop se stok onder die stoel indruk, kom dit uit met die slang daar rondom gedraai… die hele stok vol gaatjies soos wat hy dit reeds aangeval het. Gelukkig kon hy dit darem by die huis uitkry… hierdie onskadelike ou huisslangetjie.
Sonder om veel verder daaroor te dink gaan die dae verby, tot die dag dat hulle ‘n boodskap kry om te sê mense moet tog maar versigtig wees in daardie omgewing – die Swart Kobra’s is weer volop vanjaar.
Wat my laat dink het aan my stoel. Daar waar ek stoom afblaas, herlaai. Vir baie jare al maak een van Martin Luther se sê-goed ‘n gereelde verskyning in my preke, maar gisteroggend kom tref die volle waarheid my daarvan vir die eerste keer…
2018 is maar nog ‘n embrio, maar reeds was dit vir my tref-en-trap voel dit partydae. Selfopgelê, natuurlik. Niemand dwing my om g’n niks te doen nie.
Tussen alles deur probeer ek vir kort tydjies net by my stoel uitkom. Ek lees wanneer ek kan, kyk breindood komedies op TV, begin weer te teken en maak tyd vir ‘n regop-rib braai met vriende.
Maar die herlaai gebeur maar stadig.
Gisteroggend dink ek weer aan wat Martin Luther gesê het, en ek dink: “Martin, jy praat waar.”
“I have so much to do that if I didn't spend
at least three hours a day in prayer
I would never get it all done.”
En ek besef: Daar waar my stoel staan, lê daar ‘n slang en wag en al hoe ek hom sal sien, is om op my knieë te kom.
Wanneer ek my stoel verruil vir my Here se skoot, is daar geen plek waar die vyand kan wegkruip om my onverhoeds by te kom nie. Net op my Here se skoot sal ek myself kan leegmaak van myself, kan volmaak met dit wat Hy voor ruimte en tyd alreeds vir my afgemeet het – dit wat REGTIG belangrik is. Net daar sal ek waarlik rus kan kry.
“Want wanneer God iemand laat rus, dan werk die persoon nie meer nie, soos God gerus het toe Hy klaar gewerk het. Daarom moet ons hard probeer om daardie rus by God te kry,
sodat niemand van ons so ongehoorsaam sal wees soos Israel was nie.”
Hebr 4:10 Afrikaanse Bybel vir Almal
Een van die vertalings noem dat ons ‘diligent’ moet wees in ons soeke na daardie rus.
“To be diligent, therefore, is to resemble an eager hunter,
who selects the fattest of the herd, and, leaving the rest,
pursues and captures that one.”[i]
My hart verstaan vir die eerste keer daardie jagtersinstink.
Die Israeliete het hard probeer – aan alles… daar was ‘n hele 613 wette om te gehoorsaam. Maar die een ding wat hulle nagelaat het, was om in geloof in alles na God te soek en Sy rus na te jaag. Nes wanneer ek op my rusdag probeer om die laaste dringende takie van die week afgehandel te kry.
As ek my rus bly soek op dieselfde ou stoel waar die vyand my die eerste keer kom kry het, word ek ‘n maklike prooi.
Om hard te probeer om daardie rus by God te kry, beteken dat ek Hom sal soek en kyk en krap totdat ek Hom vind en nes ‘n oorywerige 4-jarige op Sy skoot klim.
“Never think that God is going to make a Christian out of you without effort of your own. When the lion crouches down before you, and his eyes glare upon you, and he is about to spring, you need not expect Providence to fire your gun for you; you must do it yourself or die. ‘Tis kill or be killed with you then. God has already done His part in the work of your salvation. If you don’t choose to do your part, you will perish.”
H.W. Beecher
My oog vang hierdie laaste stukkie wysheid vir vandag:
“I agonized for a while, and then it occurred to me
that I was not ‘resting’ in the midst of my circumstances.”[ii]
Ek hoef nie te wag vir daardie een dag in ‘n week nie. As die wiele afkom en die rot is uitasem, mag ek maar vir ‘n oomblik rus gaan opsoek… op ‘n stoel of ‘n Skoot. My keuse.
Jou temalied vir die week: Here
[i] https://www.studylight.org/commentary/hebrews/4-11.html
[ii] https://bible.org/seriespage/10-striving-rest-hebrews-411-16
Comentarios