Dit was in een van Bloemfontein se meer alternatiewe kuierplekke dat hierdie liedjie my een aand opgeval het. Eers baie lank daarna sou ek die lyn trek tussen hierdie lirieke en die Bybelse korrektheid daarvan:
“I get knocked down
But I get up again
You're never gonna keep me down
I get knocked down
But I get up again
You're never gonna keep me down”
Chumbawamba – Wiesbaden – 1998
“People of Jerusalem,
when you stumble and fall,
you get back up,
and if you take a wrong road,
you turn around and go back.”
Die Here – Jeremia 8:4 –2700 jaar gelede
Ons is gewone mense met ‘n ondenkbare groot God wat ongewone notisie van ons neem.
En ongewoon in gewone omstandighede met ons praat.
Oom Charles (Stanley) se boodskap vanoggend het my weer laat dink… Ek neem my individuele verantwoordelikheid as ‘n volgeling van Jesus dalk te ligtelik op. Asof dit net kom onderstreep wat ek vroeër hierdie week lees:
“We are not to lose ourselves in a general confession of sin, as too many do,
but to think of our own sin apart from that of other people,
and to think of what is especially our sin.”
S. Conway
Dis net te maklik om saam met die res van Suid-Afrika te vra vir vergifnis, soos die miljuisendste Whatsappie my aanmoedig om te doen. Vir eens word ek gevra om ‘self’ verantwoordelik te hou.
Van vanaand af dan, aan die einde van elke dag, wil ek nou binne-in myself kyk en kajuitraad hou en wéét:
“Ek het vandag geleef soos een van weer gebore is.
Ek weet gister kan my geen skade doen nie, en binne-in môre staan my Vader gereed om my te verwelkom.”
“Ek het vandag gebid.
Nie in die algemeen nie, maar spesifiek. Met ‘n doel voor oë. Met passie en met oortuiging.”
“Ek het vandag Sy stem gehoor.
Ek het tyd gemaak daarvoor. Ek het plek gemaak daarvoor. Ek het stilte gaan soek daarvoor.”
“Ek het Hom vandag op Sy Woord gevat.
Ek het vandag geweier dat die lewe en die vyand en my eie wysheid Sy Waarheid kom oordonder in my.”
“Ek het vandag gedoen wat Hy van my vra.
Ek het vergewe toe ek moes vergewe. Ek het vergifnis gevra waar ek moes. Ek het liefgehad. Sonder agenda.”
“Ek het Hom vandag liefgehad met alles wat ek het – dit is immers Syne –
en met alles wat ek is – dit is immers gemaak daarvoor.”
“Ek het vandag iets van Hom gedeel met iemand wat dit nie verwag het nie.”
“Ek het vandag gedoen wat Hy sou doen as Hy moes doen wat ek doen.”
“Vandag was ek nie bang om seer te kry ter wille van Hom nie.”
Elke liggie wat aangesteek word in hierdie donker wêreld, maak lig vir jou en op ‘n manier vir die een langs jou ook.
En hoe meer liggies brand, hoe meer mense sal die pad kry.
Jou temalied vir die week: New Wine
Comments