top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Na die storm

Writer's picture: Maxie HeppellMaxie Heppell


“I came that they may have life,

and have it in abundance [to the full, till it overflows].

John 10:10 AMP


In Kersfees se week loop my hart altyd ver voor my lyf uit, opsoek na die mooiste moois en die ekstra lieflikes wat my verstand weet altyd daar is, maar my gejaagde oë so maklik miskyk.


Op 22 Desember 2021 lees ons hoe ‘n tornado vroeër die maand aan ouma Clara Lutz se huisie in Kentucky, VSA, geruk het. Haar twee kleinkinders was by haar: Kaden, 15 maande, en Dallas – net drie maande oud.


In die chaos wat ontvou, bondel sy haar kosbaarste besittings in komberse toe en sit vir Kaden en Dallas saam met ‘n Bybel in haar badkamer se bad. Vir ‘n oomblik klou sy verbete aan die bad se rand vas, maar dan is haar hele huis skielik weg.


Net die fondasie sou oorbly.


Die bad se watertenk het haar ‘n hewige hou agter die kop gegee, maar reddingwerkers vind haar later verder ongedeerd.


En nie te lank daarna nie, vind hulle vir Kaden en Dallas veilig en kurkdroog binne-in die omgedopte bad waar daar nou net verwoesting en plasse water was.

Die Bybel steeds by hulle.


Wat sit jy hierdie Kersfees saam met Jesus in die krip?


Jou gesondheidsvrae en jou malende gedagtes oor antwoorde wat mag kom, of nie kom nie?

Jou kinders se vrae en planne en onsekerhede en verwagtings?

Jou besigheid se toekoms en die toekoms van die wat daarop staatmaak?

Jou vrese?

Jou drome?


Mag gedagtes hieraan plek maak vir alles wat jy al vantevore saam met Jesus in die krip gepak het…


Koue trane in die nag wat verander in soel dagbreekoggende vol vrede.

Gebreekte liggaam, ‘n gebreekte gees, wat gaandeweg plek maak vir herstelde vertroue.

Die swart hond wat loer, en dan al hoe verder weg oor die horison verdwyn.

Blomme waar daar netnoumaar nog net as was.


Want die tornado’s hou altyd op.

Die aardbewings hou op sidder.

Die slegte nuus verloor sy angel.

Na die vernietigende verlies word die staande fondasie ontdek.


Dit was nog altyd daar.



Jou inspirasie vir die week: If we only knew



Comments


  • White Facebook Icon
Bietjie oor my

Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie.

'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses (en die gevolge daarvan) het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het.

Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite!

 

Lees meer hier...

 

© 2023 by Going Places. Proudly created with Wix.com

bottom of page