top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Nee. Kruisig vir My.



Dis Palm Sondag.

 

Van buite is dit ‘n jollie patrollie wat op Jesus wag. 

 

Van vroeg af al word die palmbome gestroop van hulle laagste blare en van oral kom mense uit hulle huise om Jesus by die stadsingang welkom te heet.

 

Van binne meng die gedruis van hosannas met die stilsagte ondertoon van “kruisig Hom!” vir hierdie gehoor van Een.

‘n Dodelike aptytwekker vir die Koning van die konings, aangebied en toegedraai in die mooiste melodie.

 

Ons Here is nie naïef nie, Hy is alwetend.

Hy weet die gety sal draai.

Hy weet die gety sal teen Hom draai.

 

En Hy kies om te bly.

 

Ons is nie almal goeie blyers nie.

Ander mense se seer maak ons soms die vinnigste uit die blokke.

 

En ek glo Hy verstaan.

Al het Hy anders gekies.

 

Daardie nag in Getsémane toe die bloed soos sweet op Hom uitslaan…

Sou dit die spykers en dorings wees wat Hy eerder sou wou vermy?

 

Of was dit die oorweldigende vooruitsig van ‘n mensdom se seer wat in een oomblik in Sy wese neergelaat sou word?

 

Die seer van miljuisende Joshlins en

Prinses Kates en

Annelies en

Ernas en

Chloes en

Richards en

Ronelle en

Michelle en

Daleens en

Lizels en

Hetties en

Rubys en….

 

Sou dít wees waar Hy die meeste mens sou wees?

Daardie één oomblik, toegelaai met al die seer van die sigbare en die onsigbare toekomstige wêreldbewoners… Sou dít die rede wees dat Hy eerder sou wou gaan?

 

Ons weet nie.

Al wat ons weet is dat Hy bly.

 

Maar hoe?

 

“Keep your eyes on Jesus, who both began and finished this race we’re in.

Study how He did it.

Because He never lost sight of where He was headed—that exhilarating finish

in and with God—He could put up with anything along the way:

Cross, shame, whatever.

And now He’s there, in the place of honor, right alongside God.

When you find yourselves flagging in your faith, go over that story again, item by item,

that long litany of hostility He plowed through.

That will shoot adrenaline into your souls!”

Hebr 12:2 The Message

 

As my seer en ander se seer weer vir my te veel raak, mag ek in detail onthou hoedat Palm Sondag net die begin was van ‘n storie wat nie op Goeie Vrydag sou eindig nie.

 

Want toe hulle skree: “Kruisig vir Maxie!”, toe stap Hy vorentoe met al die outoriteit van die Heerser van die heelal en sê:

 

“Nee. Kruisig vir My.”

 

 

Jou inspirasie vir die week:  You have been there


bottom of page