top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Net Een


“Am I willing to believe God because He said it?

Or because I see signs to confirm it?”


Vanoggend toe ek in my Stilhoekie instap, vang die helderheid daarbuite my ongemaklik in die oog. Gewoonlik is dit nog grys oral om ons, so sommer met die intrapslag word die lig aangesit en die ewewig word herstel.


Die lewe is ook soms te helder.

Maar ‘n mens besef dit eers wanneer jy die Lig in jou binneste nadertrek en dit die gluur van buite af neutraliseer.


In Numeri 13 kry die Volk kry ‘n wonderlike belofte van die Here: Hy gee vir hierdie weeskinders nie maar net ‘n tydelike kinderhuis nie, maar ‘n land om in te woon en wortels te skiet… ‘n plek van hulle eie.

Groter as die Vrystaat.

Standvastig.

Onbeweegbaar.


Dit is reeds hulle eiendom.


Op die Here se bevel vat ‘n klompie van die brawe manne hulle padkos en gaan verken hierdie deel – ‘n mens moet mos weet hoe groot die vensters is wanneer jy gordyne wil hang.


Die terugvoer begin goed:


“We came to the land to which you sent us.

It flows with milk and honey,

and this is its fruit.”


Dit strook met die Here se belofte en almal is bly.


“However, the people who dwell in the land are strong,

and the cities are fortified and very large.

And besides, we saw the descendants of Anak there.”

Numbers 13:27 ESV


Sal hulle die Here van die plae onthou?

Die beskermende bloed aan die deurkosyn?

Die mure van die Rooi See wat hulle droogvoets laat loop het waar geen mens nog ooit geloop het nie?


Vir ‘n splitsekonde haal 10 van die manne hulle oë van die God van die belofte af, vergeet hulle elke magtige voorsiening uit Sy hand, en skielik begin hulle sink.


However.


Ons hoop in hierdie liewe is gekoppel aan ‘n onsigbare God

se geskrewe belofte dat

Hy ons nooit alleen sal laat nie,

dat Sy beloftes nooit verval nie en

dat Sy hand vir ewig onder ons sal wees.


However.


Die wêreld skreeu kliphard.

Sinne word oorweldig met goed wat daarop aandring om gesien te word.

Vrees kom maak hom tuis soos ‘n ongemaklike besoeker na Sondagmiddagete.


“Am I willing to believe God because He said it?

Or because I see signs to confirm it?”


Hou ek vas aan die God van die belofte, of

tekens dat die belofte besig is om waar te word?


Net Een is onfeilbaar.



Jou inspirasie vir die week: There is a God


コメント


bottom of page