top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Nou is nie toe nie


“We should be more concerned with reaching the lost

than pampering the saved.”

David McGee


Dit was vir my ‘n gemaklike plek, so tussen al die ander gereddes. Ek kon myself oortuig dat dít is waarvoor ek geroep is. En dalk was dit. Tóé.


Maar nóú is nie toe nie.


Liewe Jesaja,


Sou jy geweet het wat van jou verwag sal word toe jy so geesdriftig uitgeroep het:


“Hier is ek, Here! Stuur my!”

Jesaja 6:8


Warren Wiersbe skryf oor Lukas en die gedeelte waarin hy praat van die bouer wat eers die koste bereken voordat hy ‘n projek aanpak. Wiersbe meen dat Lukas 14 dalk nie soseer gaan oor óns nie. Wat daarvan as dit eintlik verwys na die Here – dat Hý die ene is wat die koste moet bereken, wat moet bepaal of Hy mý sal kan gebruik om Sy kerk op aarde te bou en die vyand te beveg?


As ek dink aan die dapper martelare en Christelike leiers deur die eeue, dan moet ek erken: Ek weet nie eers of die gees altyd gewillig is nie, wat nog te sê van die weifelende vlees!


Dit het 3 jaar gevat vir die dissipels, elke liewe dag in die Here van die heelal se teenwoordigheid, om uiteindelik die moed te kry om na al die nasies te gaan.

En aanvanklik was dit ook maar ‘n boggerop!


Dit het tyd gevat vir Jesus se voorbeeld en Sy stories en Sy lesse en Sy vermanings om gemaklik in die dissipels se reissakke te pas.


Hoeveel te meer moet ek dan nie tyd maak vir Sy voorbeeld en Sy stories en Sy lesse en Sy vermanings as ek werklik ‘n deel wil hê aan Sy werk op aarde nie?


Jesus self maak ‘n duidelike onderskeid tussen gered wees en dissipel wees.


Redding is daar vir almal wat deur geloof uit genade gered word.

Dissipelskap is daar vir gelowiges wat bereid is om ‘n prys te betaal.


Om gered te word, beteken om na die kruis te strompel as dit moet, en die Here onvoorwaardelik te vertrou.


Om ‘n dissipel te wees, beteken om die kruis op te tel en Jesus te volg.

Om daagliks my eie planne en ambisies onder in die To-Do hopie in te druk, terwyl Sy hoop vir die wêreld my lei.

Dit beteken dat ek sout sal wees en deur my karakter en my doen-en-late ander dors sal maak vir méér van Christus en die redding wat net Hy kan gee.


Vir baie lank was ek maar net te dankbaar om gered te wees!


Maar dissipel-wees vra meer van my.


Ek kort wysheid en insig en ‘n nuwe manier van kyk.

Ek kort onderskeidingsvermoë, ‘n sagte hand en ‘n nog sagter hart.

Geduld.

Vriendelikheid.

Sagmoedigheid.

En liefde. Soveel meer liefde.


“You can impress from a distance, but you can only impact up close.”

Howard G. Hendricks


“What makes authentic disciples is not visions, ecstasies, biblical mastery of chapter and verse, or spectacular success in the ministry, but a capacity for faithfulness. Buffeted by the fickle winds of failure, battered by their own unruly emotions, and bruised by rejection and ridicule, authentic disciples may have stumbled and frequently fallen, endured lapses and relapses, gotten handcuffed to the fleshpots and wandered into a far country.

Yet, they kept coming back to Jesus.”

Brennan Manning




Jou temalied vir die week: Stir a Passion


Kommentare


bottom of page