top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Om bietjie meer te hê om van te gee




Die Here weet ek is nie ‘n geduldige mens nie.

En ómdat Hy dit weet, is daar geen skaarste aan geleenthede om my geduldspier te laat oefen nie!


Gisteroggend kom herinner Facebook my aan iets van 10 jaar gelede, maar ek weet voor my siel dat ek 10 jaar gelede nog nie die totale omvang van hierdie waarheid besef het nie…


“When it’s God's time to bring something into our lives,

He will often do it after He’s prepared us to receive it.”


Wow.

En ongeduldige Magriet moet haar Jaarbeplanner vir eers toemaak.


Want daar is vyf plekke waarin daai spier van my sy oefening sou kry in die 10 jaar tot hiertoe.


1.

“God may withhold an overflow of finances

until He has taught us how to give.”


Of dit Pa Jan se eie slimgeit was en of dit uit ‘n ander bron kom, weet ek nie, maar hy sou genoeg kere sê dat dit in my agterkop gebêre word, dat ‘n mens moet gee wanneer jy nie kan nie, want as jy eers kan, dan wil jy nie.


Ek skat dit sou wees wanneer die langverwagte geelperske reën kom voor die dam gereed is daarvoor.


Uit die ingenieursargiewe van my veel jonger brein onthou ek die baie spesifieke ontwerp van ‘n opgaardam waar die mure gegooi sou word, en dan word die dak van die dam, op die vloer gebou. Om die dak te kry waar dit nou eintlik hoort, sou water dan slakloopstadig ingelaat word, wat die dak sou toelaat om te dryf totdat dit op die perfekte hoogte was waar ‘n sagte stootjie in die regte rigting, dit presies kon laat draai om in die hakplekkies in te val wat spesiaal daarvoor bedoel was.


Te véél water, té vinnig, en daardie dak sou glyglip bo-oor die mure en nooit die werk doen waarvoor dit eintlik bedoel was nie.


Sommige mense leer van kleins af dat gee ‘n goeie ding is, en hulle toetse kom vinnig en hulle onderskeidings ook. Vir hierdie mense kan ‘n mens niks vertel van gee nie.


Hulle verstaan dat wat hulle het, net geleen is.

Hulle verstaan dat wat mense van hulle kan wegvat, hulle nie armer kan maak nie.

Hulle verstaan dat goeie goed wat nie gedeel word nie, vinnig vrot kan word.


Ander leer weer stadiger.

Hulle ongeduld lei tot oorhaastige katspronge-op-warm-sinkplaat-besluite en uiteindelik is die trek deur die woestyn veel langer as wat aanvanklik beplan was.


As ek nie kan gee terwyl ek net ‘n bietjie het nie,

sal ek net ‘n bietjie hê

totdat ek kan leer om te gee.


En wanneer ek leer om te gee,

sal ek altyd ‘n bietjie meer hê

om van te gee.


Geld.

Goed.

Maar ook liefde,

vrede,

vergifnis.


Die faktor van vermenigvuldiging is altyd meer as 1.

Die storie is altyd oor meer as net ek.


“Take hold of instruction; [actively seek it, grip it firmly and] do not let go.

Guard her, for she is your life.”

Proverbs 4:13 AMP


Jou inspirasie vir die week: Why



2 comentários


Estelle McLachlan
Estelle McLachlan
20 de dez. de 2023

Dankie, Maxi, vir dié waarheid - ook in hiérdie tyd. Mag dit vir julle beonder geseënd wees.

Curtir
maxieheppell
21 de dez. de 2023
Respondendo a

Baie dankie, Estelle! Ek wens vir julle dieselfde en meer... Mxx

Curtir
bottom of page