top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Oor CrossFit en cross-fit


Toegegee: Dit is nie ‘n nuwe ding nie. Die hele CrossFit-craze. Maar dit is wel ‘n nuwe ding in die Heppell-huis. Ná my man se ervaring in Kuwait (hou hierdie spasie dop), het hy met ‘n hernieude waardering vir sy eie gesondheid teruggekom en hart, siel en gees op hierdie orkeswa gespring. Behalwe dat sy broeke nou half loslyf sit soos ‘n kranige Afrikaanse hip-hopper, kan ek sien hy vóél ook goed. En om my eerste liefde so te sien, maak my ou hartjie juig.


Nou kyk, hierdie CrossFit manne en mevroue speel nie! Ek is amper te bang om te vra: “Gym jy?”, want netnou is dit ‘n CrossFit-er en dan kry ek dalk ‘n skewer kyk as wanneer jy vir ‘n US Marine vra of hy in die Army is.


Hierdie is ‘n ernstige bedryf. Baie ernstig. Hoor wat sê Gregg Glassman, CrossFit uitvinder en CEO, in ‘n onderhoud met The New York Times in 2005[1]:


“It can kill you. I’ve always been completely honest about that.”


Wat my toe laat dink het aan die hele CrossFit fenomeen en hoe dit eintlik kommentaar lewer op my eie geestelike lewe.


CrossFit-ers is bereid om deur onbeskryflike pyn en lyding te gaan – soms selfs die dood in die oë te kyk, volgens Glassman – en ontelbare ure asook ‘n ordentlike porsie fondse af te staan om hulle fisiese liggame in tip-top kondisie te kry.


Nes Glassman het die liewe Here ook nie doekies omgedraai nie:


“Then Jesus said to his disciples:

‘If any of you want to be my followers, you must forget about yourself.

You must take up your cross and follow me.’ “

Matthew 16:24 CEV


En weer sê Jesus vir sy dissipels:


“ ‘In this world you will have trouble.’ “

John 16:33 NIV


Is ek hoegenaamd so toegewyd aan die ontwikkeling van my gees as die van my liggaam?

Vir gym toe gaan 5am sien ek kans, maar myself kort duskant sonop gaan afsonder vir alleentyd met die Here?

Die risiko dra van erge fisiese beserings om mensgemaakte mylpale te bereik is ook okay, maar gebrei en gevorm en getoets word om my geestelike spiere sterk te maak?

Mmmmmmm......


Die beloftes wat CrossFit inhou is groot genoeg om mense te lok na meer as 13 000 oefenplekke in 120 lande[2]. Nou as ek dan kan glo dat die beloning vir my fisiese liggaam so groot is, presies wat sal dieselfde toewyding vir my geestelike gesondheid beteken?


“Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe.

Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou.

En wanneer ons onverskrokke op God vertrou,

help dit ons om ’n sterk Christelike karakter te vorm.

En ’n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo

dat God se nuwe wêreld op ons wag.”

Romeine 5:3,4 Die Boodskap


In een van die ander vertalings lees ons dat hierdie geloof op die nuwe wêreld wat wag, ons HOOP gee. En wie van ons kan nie doen met ‘n bietjie meer hiervan nie?


Dit is hoekom ek nie meer wil bid dat die swaarkry van my moet weggaan nie, maar dat die Here my deur die swaarkry sal leer wat dit is om in totale oorgelewerdheid op Hom te vertrou.


Dan wil ek nie meer net vir Hom dankie sê wanneer dit met my goed gaan nie.

“When we ‘thank God’ when good things happen,

we can inadvertently imply that God is only good during good times,

that He is rewarding us for performance,

and that God is punishing those who are suffering.

Praising God then cannot be built on the quality of our circumstances,

but centers on the God of those circumstances,

however good or bad they may be.

Basing my gratitude on the situation is a recipe for disillusionment and bitterness.

We easily get addicted to our blessings –

but the real blessing is God being present through our ups and downs,

no matter how hard it gets.

I want to praise God in all seasons, not because the hurt doesn’t hurt,

but because He never leaves me to myself.

He walks in my healing.

It is this sort of faith, even the size of a mustard seed, that will break

my addiction to tangible blessings and infuses me with reckless freedom

in every season.”

JS Park


In elke seisoen kan ek my kruis dra en steeds dankbaar wees. Dis moontlik. Maar my geestelike uithouvermoë is maar pieperig is en ek kan doen met ‘n paar moordende repetisies.


Squat… lift… carry…

Repeat.


Jou temalied vir die week: Who I'm meant to be




(Foto deur Tim Marshall op Unsplash)

[1] http://www.nytimes.com/2005/12/22/fashion/thursdaystyles/getting-fit-even-if-it-kills-you.html


[2] https://rallyfitness.com/blogs/news/the-business-of-crossfit-an-update-on-new-market-research-2017

bottom of page