Ek weet nie of ons altyd weet hoe kosbaar stilte is nie.
Vir jonger mense wat nie ‘n oomblik sonder Tik-Tok of Instagram of Spotify kan wees nie (toemaar Tannie – vra maar net die kleinkinders), klink die gedagte aan stilte seker soos ‘n vreeslike straf.
Maar ek dink met die jare saam raak ons sinne so oorlaai van alles waarmee die wêreld ons bestook, dat ons innerlike self ‘n streep trek en loop soek na stilte.
Jare gelede het my oggendroete werk toe my op die R24 verby die destydse Jan Smuts-lughawe gevat. Gewoonlik was ek so in my eie gedagtes of die gegorrel van die radio opgevang, dat ek nie regtig opgelet het wat langs die snelweg gebeur nie.
Tot eendag dat die rye op rye verdiepinghoë advertensieborde my bestorm. Daardie dag het dit net vir my te veel geword om in tyd te probeer lees wat op almal geskryf staan voordat ek by die volgende een kom terwyl ek my oog op die perd in die baan langs my hou en my ander oog op die speedometer.
Sensoriese oorlading, noem die slim mense dit.
“… when you're getting more input from your five senses than your brain can sort through and process.”
Ek begin dink ons sielsmens kan ook net soveel gemors inneem.
Nie alles wat die wêreld en die TV en die radio vir ons opdis is heilsaam of goed vir ons nie.
Wanneer ons nog van die wêreld is, is dit of jy ‘n wurm het – bring maar, ek eet!
Maar wanneer ons wedergebore is, is daardie sielsmens se spens vir vrot eiers heelwat kleiner.
Tot sover. En dan soek jy stilte. Ook vir jou siel.
En dis daardie tipe stilte wat nie in ander se stemme gevind kan word nie.
Esegiël is nog steeds besig om met die ballinge wat weggevoer is uit Jerusalem te redeneer. En dan sê die Here iets oor stilte wat aan my hart raak:
“I will forgive you,
but you will think about your sins and be too ashamed
to say a word.”
Ezekiel 16:63 CEV
“Self-exaltation leads from grace, just as
self-knowledge leads to grace.”
Soms is stilbly nie ‘n antwoord nie.
Soms is stilbly die pad na die Antwoord.
Jou weeklikse inspirasie: Cain - Egypt
Comments