top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Padmaker se kind

Updated: Feb 4, 2023




Ons kon ure lank gesels oor… wat? Ek kan nie eers onthou nie. Dit was baie lank terug. Maar vandag onthou ek hoe ons patroontjies teken in die sanderige leiwatervoor wat doer bo in die dorp begin, tot onder by ons.


In die somer sou dit Davidstraat 45 se geil groen sypaadjie wees waar ons konferensie hou na skool en huiswerk.

(Winters sou ons na haar eie klein sitkamertjie met die mooi bal-en-klou stelletjie lok.)


Saam met die reuk van vars gesnyde gras onthou ek die flitsende seer in haar stem wanneer sy vertel dat sy mos net ‘n padmaker se kind is.


My veertienjarige-self het nie die fyn nuanse van haar uitlating verstaan nie.

Sedertdien het daar so baie lewe gestort in my ervaringsglas.

Ek wens vandag ek kon haar bel.


Want hierdie week kom stoot die Padmaker een onmoontlike situasie vir ‘n goeie vriendin oop en sy en haar gesin loop droogvoets deur anderkant toe.


Dit gee my moed vir my eie skynbaar onbegaanbare pad en ek bid: “Here, as U dit vir haar kon doen… Niks is vir U onmoontlik nie.”


Op ‘n stadium wil-wil die twyfel begin pluk aan die mat onder my gebreekte toon, maar my man trap vas – die Here is besig om dit uit te werk.


Nie 24 uur later nie, kry ons die nuus: Die pad is oop.

Die Padmaker het ‘n pad gemaak.


“Do not let mercy and kindness and truth leave you [instead let these qualities define you];

Bind them [securely] around your neck,

Write them on the tablet of your heart.

So find favor and high esteem

In the sight of God and man.


Trust in and rely confidently on the Lord with all your heart

And do not rely on your own insight or understanding.


In all your ways know and acknowledge and recognize Him,

And He will make your paths straight and smooth [removing obstacles that block your way].”

Proverbs 3:3 AMP


Ons hoor die laaste gedeelte baie, maar die Spreukeskrywer het dit goed gedink om dit aan die eerste gedeelte vas te haak:


- Laat jou genade en goedheid en die waarheid wat jy in liefde spreek teenoor ander, jou vooruitgaan. Mag mense daaroor skinder!


- Erken en bely, en hou aan bely en aan bely en aan bely, dat die Here beter weet as jy.


- Wag vir Hom by die STOP/GO.


- …en Hy sal die pad wat jy moet gaan, gelyk skraap.


Soms vee die Padmaker die Egiptenare, strydwaens en al, weg saam met die golwe.

Soms draai Hy bloot díé een wat Sy kinders se pad blok se kop anderkant toe.

Soms kom draai Hy ‘n hele oorlogskip se neus weg van die land af met een onverwagte Whatsapp boodskappie.


Ek wens ek kon haar bel.

Ek wens ek kon die foon optel en vir Hessie vertel

hoe wonderlik dit is om

Padmaker se kind te wees.



Jou inspirasie vir die week: Waymaker



Commentaires


bottom of page