Eva was nie honger nie.
Sy was bang sy mis uit.
“ You are the captain of your own destiny…”
Dit sit vandag net nie mooi reg in my gereformeerde grootgemaaktheid nie, hierdie inspirerende stukkie psigo-babbel. Is dit nie eintlik ‘n vreeslik Goddelose ding om kwyt te raak nie?
(Ek weet nóú dat die man wat sy weergawe hiervan geskryf het, nie in God geglo het nie, maar ek glo Vader wou my iets leer hierdeur vandag.)
Ek ry huistoe en ek is nie haastig nie en die pad is stil en ek gaan dink ver. Oom Armand het ook vandag in ons werkswinkel iets gesê langs hierdie lyne en vir myself dink ek toe so hieroor..
Vir my is God die Rots van my eindbestemming.
Hy is die Hawe waar ek gedurig kan en moet aandoen om my skippie weer vol te maak,
gate toe te maak.
Hy is die Bepaler van getye en seisoene,
die Een wat die hoogte van die deining en die rigting van die stroom rondom my bewerk.
Maar my skippie het ‘n enjin en ek,
ek is die kaptein.
Waar ek eindig, begin met my eie vrye wil.
Hoe ek daar kom, kan so onstuimig wees as wat ek dit kies.
“Jong vriend, daar is twee dinge waarsonder jy in hierdie lewe nie kan klaarkom nie.
Een is ’n begeerte om reg te leef.
Die ander is om te weet hoe om reg te praat en te doen.
Dié twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier.
Dan sal jy ook veilig en beskut voel. Wanneer jy gaan slaap, sal jy nie bang wees nie.
Jou nagrus sal goed wees.”
Spreuke 3:21 Die Boodskap
Nes Jesus s’n was binne in daardie storm, dink ek.
Ek is 41 en alles raak moeiliker. Waaronder lees op speserybotteltjies en kilo’s afskud na die vakansie my op hierdie stadium die meeste frustreer.
So ons doen Daai Ding. Daai Dieet Ding.
Dag 1 tot 3 loop mooi en op die oggend van Dag 4 staan ek met groot verwagting op vir die eerste inweeg. 500g af. Mán… Ai. Braaf probeer ek myself vertel dat dit darem nie op is nie, maar af, so dit bly ‘n wen.
Tussendeur bly Joyce Meyer se seun se dieet-mantra my by. Sy ma wou weet of hy dan nie vreeslik honger word nie?
‘Ja’, was sy antwoord, ‘maar ek sal nie doodgaan nie.’
As ek regtig die regte keuses wil maak, nie net wanneer ek eet of drink nie, maar wanneer ek LEWE, dan is daar die gevaar dat ek honger kan rondloop.
Om te weier om langer die series te kyk wat ons nou al so lank volg omdat almal deesdae aan die vrye raak met tweebeengediertes wat nes hulle lyk, laat my honger.
Dit is gewoonlik reekse met sulke goeie storielyne, jy sien. En die vervaardigers katrol ‘n mens dan episode vir episode in, totdat dit bitter moeilik raak om op te hou kyk wanneer die helde se regte innerlike self hulle slangagtige opwagting maak.
As ek weier om langer ‘n maatskappy of ‘n instelling of ‘n individu te ondersteun wat openlik verwydering en twis in ons samelewing saai, mag dít my honger laat.
Vir dit wat hulle maak of dit wat hulle doen, want hulle is dalk juis die beste in hulle veld.
Wat is so verkeerd daarmee om honger te wees?
Ek sal mos nie doodgaan nie.
En al waarop ek sal ‘uitmis’, is die laaste feesmaal van die ter doodveroordeelde gevangene wat geen hoop het op redding nie.
Sinnelose satisfaksie.
Wat is so verkeerd daarmee om honger te wees?
Pleks Eva eerder maar honger gebly het.
Jou temalied vir die week: The Water
Comments