top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Prentjies teen jou tuinhekkie


Vir enige kreatiewe mens glo ek daar is soms die knaende stemmetjie in jou agterkop van: “…maar is ek goed genoeg?”


En ek dink nie noodwendig dit het enige iets te doen met die mate van sukses wat die kreatiewe siele behaal nie. Vandag is dit geen geheim nie dat selfs groot sterre soos Adéle en Lewis Capaldi, wat miljoene aanhangers het, met tye deur hierdie angstigheid oorval word.


Toe lees ek hierdie raak:


“Create content about what you're passionate about,

and your tribe will find you.”


Jou styl is dalk nie vir almal nie.

Jou boodskap is dalk nie vir almal nie.

Maar dis okay, want “almal” is te veel vir ‘n boomhuis.


Op ‘n manier, dink ek Jesus was seker die mees unieke Content Creator van die mens se tyd op aarde. Met een verskil…


Sy styl is dalk nie vir almal nie.

Sy boodskap is dalk nie vir almal nie.

Maar Sy hemelhuis ís groot genoeg vir almal, en álmal is genooi.


Jesus se passie en die fokus van al Sy stories en al sy prentjies en al Sy strepe in die stof, was Sy Vader se wil - dat alle mense sal hoor en sal glo en dat niemand verlore sal gaan nie.


Hy was nie net die Creator van ALLE content nie, Hy was ook die Een wat van ‘n doodgewone oomblik ‘n les kon skep wat vir alle ewigheid en alle mense waarde kon hê.


Sy volgers word in die biljoene gereken en groei elke minuut.


“There were some Greeks in town who had come up to worship at the Feast.

They approached Phillip, who was from Bethsaida in Galilee:

“Sir, we want to see Jesus. Can you help us?”

John 12:20 The Message


Tot op hierdie plek in die geskiedenis was daar ‘n baie duidelike lyn tussen die Volk van God en almal anders.


En nou kom hierdie vreemdelinge en kom sê en kom vra:

“Ons wil Hom sien, kan jy ons help?”


Ons lees nie of hierdie groepie toe ooit saam met Jesus gekoffie het nie.

Ons het nie vandag daardie selfde voorreg om mense te bring tot waar Hy hulle kan aanraak nie.

Maar ons kan hulle bring tot by ‘n plek waar hulle Hom kan sien.


Wat ‘n #lifegoal is dit nie?

Dat mense, ander mense, mense wat vir my dalk vreemdelinge is, na my lewe sal kyk en sal dink, “hierdie een – hierdie een sal my kan help om Jesus te sien.”

So, hou aan om oor Jesus te praat.

Almal gaan nie daarvan hou nie.


Hou aan om prentjies van wie Hy is teen jou tuinhekkie te plak.

Almal gaan nie verstaan nie.


Maar weet dit: Hy sal die wat na Hom soek heel moontlik jou 📍pin location gee.

Loop staan in die straat en waai.

Hulle sal jou kry.

En dan kan jy hulle alles van Hom vertel.


Nes iemand jóú op ‘n tyd vertel het.



Jou inspirasie vir die week: All about Jesus



bottom of page