top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search

Promise Keeper


Ons tweede jaar in Engeland breek aan sonder groot fanfare, maar ons dankbaarheid lê diep.


Gisteroggend vroeg vat ek vir Katie park toe en sien vir die eerste keer in baie maande die onweerswolke opsteek. Sien, hier is dit óf grysbedeeld van horison tot horison, óf die son skyn. Die naderende belofte van reën is ‘n baie rare verskynsel…


Na twee jaar hier verstaan ek dalk eers werklik die waarde van God se beloftes.


Om die belofte te kry, te sien hoe die stukke in plek val en dan die oorvloed reeds te ervaar in die eerste vet plonsdruppels, maak my net so kinderlik opgewonde as die reuk van groot reën wat kom.


“God presumes full responsibility for the

consequence of your obedience.”


Wanneer ek gehoorsaam is, neem God verantwoordelikheid vir

die vrede wat alle vrees bedek,

die moed om elke dag se juk opnuut vas te vat,

die ekstra bietjie hoop onder in die dag se glas wat ek kan deel met die wat dors is.


In Esegiël 36 bring die Here hierdie boodskap vir die bannelinge, as hulle maar net sou terugdraai na Hom:


“I will take away your stubborn heart and

give you a new heart and

a desire to be faithful.

You will have only pure thoughts,

because I will put my Spirit in you

and make you eager

to obey my laws and teachings.”

Ezekiel 36:26 CEV


Wat ‘n belofte…


Wanneer gehoorsaamheid jou voetval bepaal, agtervolg die vrede jou soos die Here se skaduwee.

Wanneer gehoorsaamheid jou voetval bepaal, kan die vleeslike vyand maar kom, selfs die een wat jou vreugde wil steel.


“Our human enemy may do much to harm us, but his power is very limited after all.

At the most and the worst, he can but kill the body; after that he hath no more that he can do. He cannot kill the soul; he cannot take away faith, or love, or peace, or hope

from the human heart;

he cannot rob us of our real inheritance.


Or if our spiritual enemy injures us in a more deadly way than the tyrant

or the persecutor can do;

if he gain dominion over us and rob us of our goodness, and so

of our peace and rest in God;

even then there remains a spiritual nature which is capable of redemption;

the soil remains, which, sown again with the good seed of the kingdom,

may yet bring forth very precious fruit.”

W. Clarkson


Dit is vir my so ‘n mooi beeld! Die lande kan verwoes staan, maar as die grond net reg bewerk word en die Goeie Saad weer gesaai word, is die belofte van ‘n groot oes steeds daar.


“The soil remains…”


“Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het,

sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom.”

Fillipense 1:6 NLV


‘n Belofte vir elkeen wat al ooit die Liefde gekies het.

Al lê die lande nou leeg.


“The soil remains…”



Jou inspirasie vir die week: Promise Keeper


bottom of page