Ek het dit nie so beplan nie, maar vanoggend was dit die soveelste honderdste dae in my reis deur die Bybel en Jesaja 17 se beurt. Hierdie hele week al, is my gemoed maar vollerig as ek Jesaja oopmaak. Sy storie is nie een met mooi aanhalings en sagte, spookasempienk prentjies nie en my week kan doen met sagte, wollerige aanrakings.
Tog… Elke dag ontdek ek steeds waarheid daarin en die trepidasie raak al hoe minder. Ander wat voor my gegaan het, het diep insig in die konteks en geskiedenis van die tyd het, en ontvou vir my die mooi agter profeet Jesaja se harde woorde, en dit gee my insig.
Vanoggend voel ek egter ‘n bietjie bederf, want ek kry my skoot waarheid sommer direk uit die teks.
“Israel, you have forgotten
the God who saves you,
the One who is the mighty rock
where you find your protection.”
Isaiah 17:10 CEV
En in hierdie oomblik kom ‘n prentjie by my op van ‘n donker, donker aarde. Dis net diep, donker water sover jy kyk. Maar soos wat my visie dobber – nou bo en dan weer onder die water, sien ek ook oral om my die silhoeëtte van ligtorings, afgeëts teen die lig van ander ligtorings wat in ‘n tipe van ritme elke paar tellings oor die water speel.
Dan sien ek die rotse. Elke vuurtoring is stewig geanker op rots.
En soos in ‘n droom besef daardie self van my: As die rots nie daar was nie, sou die vuurtorings nie kon bestaan nie.
Elke keer as ek voel die sterk stroom van onsekerheid en verlatenheid – hoe vals dit ookal mag wees – trek my in, dan stuur iemand ‘n opbouende boodskap, of ‘n hemelse melodie met woorde wat daarby pas. Soms besef ek nie eers ek is besig om te sink, totdat iemand hulle ligtoring oor my laat skyn en ek besef daar is fout nie.
As jy in hierdie tyd ‘n ligtoring vir die wêreld om jou is wil ek hê jy moet weet: Jy is belangrik. Jy word waardeer.
Maar nie net dit nie. Jou Rots, liewe ligtoring, is jou beskerming. Wanneer die aanslae van die branders kom en selfs jou Micatex-lagie ‘n krakie kry, hoop ek jy weet jou Rots slaap nie, en Hy sluimer nie.
Hy sal die branders wat jou kan vernietig, nie nader aan jou toelaat as waar die Rots jou kan beskerm nie.
Maar dan…
“His charge against us is not merely that we have done
numbers of things which He has prohibited;
it is that we have lived through days, weeks, months, years,
through whole periods and stages of our lives, and have forgotten Him,
the God of our salvation,
have not been mindful of Him –
the Rock of our strength.”
‘Mindfulness’ is ‘n nuwe yuppie-konsep wat nou oral kop uitsteek.
“Mindfulness means maintaining a moment-by-moment awareness of our thoughts, feelings, bodily sensations, and surrounding environment, through a gentle, nurturing lens. ...
When we practice mindfulness, our thoughts tune into what we're sensing in the present moment
rather than rehashing the past or imagining the future.”
Alhoewel die waarde daarvan in sommige omstandighede baie duidelik is, kan dit ‘n baie self-sentriese uitwerking hê as dit ons manier van lewe word.
Maar Christ-fulness is die
oomblik-na-oomblik bewus wees
van Sy teenwoordigheid…
Die ervaring van Sy Gees in my
gevoelswêreld,
die ongemaklike bewuswording
van Sy afwesigheid wanneer
my gedagtes dwaal na
donker plekke
sonder ligtorings.
Hierdie week wil ek die ligtorings in my lewe uitsoek en hulle in die daglig ook sien vir wat hulle is: Hoopdelers wat hulle krag vind in die onbeweeglike Rots waarop hulle staan… Rotsklewers.
Jou temalied vir die week: Give it all
Comments