top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Seisoensbeplanning

Updated: Feb 4, 2023




Saterdagoggend skyn die herfsonnetjie net te lekker om in die huis te bly. Ons parkeer by Newbury Baptist Church en stap al met Cheap Street af markplein toe.


Dit is heerlik besig en almal is in ‘n ligte luim.

Ek sien een vroutjie met handskoene aan, maar dit is regtig nog te vroeg vir dit!


Ons stap klein straatjies op-en-af waar ons nog nooit op-en-af gestap het nie, en ontdek die oulikste klein restaurantjie (met die klem op kléín), ‘n kunsblomme winkel wat my twee keer laat kyk, en ‘n binneshuise selfmaakmark in die nuwe kwartier, ons pas aangegee deur die mense wat oral sit en kuier buite straatkafees.


Oppad terug huistoe draai ek ons Astra’tjie links in die staat af en maak ‘n kopnota van die oulike antiekhede winkeltjie waar ek nog ‘n draai wil maak, daar reg voor my. Die een met die swart tjellokis op die sypaadjie, half terloops geleun teen verroeste potplantstaanders aan die een kant en die winkelvenster aan die ander.


Was daardie verlate tjellokis dalk die einde van iemand se droom?

Of net die einde van ‘n seisoen?


Vir buitestaanders wat nie die storie van Johannes die Doper se roeping verstaan het nie, kon die koms van Jesus gelyk het na ‘n ernstige bedreiging vir Johannes se droom.


Jesus kon sy droom kom steel.

Jesus kon sy followers kom vat.

Jesus kon sy likes laat daal.


Of sy droom kon liederlik faal.

Dalk moes hy maar sélf sy tjellokis daar gaan staanmaak.

Vroegtydig.


Maar vir ons wat weet, maak hierdie woorde van hom soveel sin:


As he preached he said, “The real action comes next:

The star in this drama, to whom I am a mere stagehand,

will change your life.”

Mark 1:7 The Message


Die drome wat waarlik bestaansreg het, is die drome wat die Here oor ons droom.

En soms is ons seisoen en die béste seisoen daarvoor nie dieselfde nie.


Die Here se droom oor Johannes was dat hy Jesus wat sou kom, sou verkondig.

In daardie seisoen.

Johannes glo en hy hou vol.

En toe die seisoen daarvoor klaar was, kon hy aanbeweeg.

Sy storie was nog nie klaar nie, hy’t geweet.

Net daardie seisoen.


Vader, Seun en Heilige Gees droom groot drome oor ons.

En hulle seisoensbeplanning is perfek.


Jou storie is nog nie klaar nie.

Dalk net die seisoen.




Jou inspirasie vir die week: You’re still God



Comments


bottom of page