top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

Shhh.... luister


Change is coming. Die donkergroen massa tussen ons en die bure raak al hoe meer vol gate soos die een boom paprikarooi en die ander een borriegeel word, die blare begin val.

Change is coming.

Vanoggend lees ek in Jeremia 23 en hierdie Afrika-emmigrant ontdek daar iets hoopvol en dalk bedoel vir soveel ander, maar dalk ook vir my:

“I will bring the rest of my people home from the lands where I have scattered them, and they will grow into a mighty nation. I promise to choose leaders who will care for them like real shepherds.

All of my people will be there, and they will never again be frightened.

Someday I will appoint

an honest king

from the family of David,

a king who will be wise

and rule with justice.

As long as he is king,

Israel will have peace,

and Judah will be safe.

The name of this king will be

‘The Lord Gives Justice.’

A time will come when you will again worship me.

But you will no longer call me the Living God who rescued Israel from Egypt.

Instead, you will call me the Living God who rescued you from the land in the north and from all the other countries where I had forced you to go.

And you will once again live in your own land.”

Jeremiah 23:5 CEV

Net omdat jy vir maande, jare dalk al bid, maar nie kan sien dat jou gebede beantwoord word nie, beteken nie daar is niks aan die gebeur nie.

Jý is nie meer dieselfde nie.

Change is coming.

Terwyl jy swoeg en sweet, terwyl jou trane in die stofpad val, terwyl jy jou mense sien bloei en jou weifelende hart glo en twyfel, glo en twyfel… is die verandering besig om te kom.

Jeremia 23 staan uit soos ‘n oase in ‘n dorre land.

Waarskuwing op waarskuwing, voorspellings van ‘n ongenaakbare toekoms van swaarkry en dan… “Chapter 23 – A message of Hope.”

So asof ons net herinner moet word tussen al die verwoesting deur: Wanneer die son opkom in die oggend, is ons God nog in beheer.

Change is coming.

En dit is die Onveranderlike God wat elke gebed hoor, wat dit bring.

Shhhhh…. luister.

Change is coming.

Jou temalied vir die week: Real Thing


Comments


bottom of page