top of page

Blog

Om te weet wanneer 'n nuwe blog-inskrywing geplaas word, registreer hier.

Search
Writer's pictureMaxie Heppell

So, wat glo ek?



“Become what you believe”, staan daar.

Swart op wit.

In my The Message vertaling met sy groen-en-goud omslag.

Bladsy 799.

Nuwe Testament.


So, wat glo ek?


As ek sê ek glo in God, die Vader,

dan glo ek dat ek Sy kind is,

dat ek Sy verantwoordelikheid is,

dat ek Sy oogappel is.

En ek word kinderlik opgewonde!


As ek sê ek glo in die Almagtige,

die Skepper van die hemel en die aarde,

dan glo ek dat my berge worries

vir Hom soos molshopies lyk.

Soos molshopies ís.

En ek word ‘n bergklimmer!


As ek sê ek glo in Jesus Christus, Sy eniggebore Seun, ons Here,

wat ontvang is van die Heilige Gees,

gebore is uit die maagd Maria,

dan glo ek in wonderwerke.

Soos dat maagde mammas kan word.

Ek ek word wonderlik verras!


As ek sê ek glo dat Hy gely het onder Pontius Pilates,

gekruisig is, gesterf het, en

begrawe is en

ter helle neergedaal het,

dan glo ek dat daar Een is wat weet hoe dit is

om seer te hê,

alleen te wees.

Waar jy nie wil wees nie.

En ek word sterk.


As ek sê dat ek glo dat Hy op die

derde dag weer opgestaan het,

dan glo ek dat daar altyd ‘n derde dag sal wees.

Vandag is dalk nie dit nie,

maar dit kom.

En ek word geduldig.


As ek sê ek glo dat Hy opgevaar het na die hemel

en sit aan die regterhand van God,

die Almagtige Vader,

dan glo ek dat Hy gedurig ons Vader

herinner aan my.

En ek word rustig.


As ek sê dat ek glo dat Hy weer van daar af sal kom

om te oordeel,

die wat nog lewe en

die wat reeds gesterf het,

dan glo ek dat die oortredings teen Sy kinders

die een ding is wat Hy nooit sal vergeet nie.

Ek ek word onbevrees.


As ek sê ek glo in die Heilige Gees

dan glo ek dat ‘n nuwe lewe

moontlik is.

‘n Moontlike werklikheid?

‘n Werklike moontlikheid?

‘n Werklikheid is.

En ek word ‘n nuwe mens.


As ek sê ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk,

die gemeenskap van die heiliges,

dan glo ek dat ons menslikheid

feilbaar is.

Dat ek ander nodig het,

nes hulle my ook nodig het.

En ek word bereikbaar.


As ek sê ek glo aan die vergewing

van sondes,

dan glo ek in

tweede kanse.

Gun ek dit ook.

En ek word nederig.


As ek sê ek glo aan die opstanding

van die vlees,

dan glo ek dat hierdie gebreekte lyf

net die toetsmodel is.

En ek word gereed.


As ek sê ek glo in die Ewige Lewe

dan glo ek dat daar

geen einde is

aan Sy droom

vir my nie.

En ek word dankbaar.


He touched their eyes and said,

“Become what you believe.”

It happened.

They saw.

Matthew 9:29 The Message


Jou inspirasie vir die week: Faithfully



コメント


bottom of page