‘n Splinternuwe Suid-Afrikaner hier op ons eiland nooi my hierdie week vir koffie. Ons gesels oor die kinders en ons land (oud en nuut) en ons altwee vertel ons stories.
Haar storie gaan draai by ‘n kerk in Kaapstad, ‘n 40-dae bid, en haar man se Impossible Prayer.
Daardie woorde gaan haak êrens in my psige vas en ek betrap myself dat ek gedurig daar rondom gaan snuffel, opsoek na meer insig.
"Don't discount what is possible with God (Philippians 4:13).
When God gives an assignment, it is no longer an impossibility,
but rather it is an absolute certainty.
When God gives you a seemingly impossible task, the only thing preventing it
from coming to pass is your disobedience…
How do you respond to assignments that seem impossible?
Do you write them off as unattainable?
Or do you immediately adjust your life to God's revelation, watching with anticipation to see how He will accomplish His purposes through your obedience.
God wants to do the impossible through your life."
--Henry and Richard Blackaby
Wanneer ‘n Goddelike drif in jou hart begin roer vir die skynbaar onmoontlike, behoort daar net een reaksie te wees: Bid.
Gebed sal die oombliklike passie van die betekenisvolle langtermyn momentum skei.
Gebed sal my die onmoontlike taak apart van die God laat sien vir wie alles moontlik is.
Wanneer ek vir die onmoontlike bid, beter ek fokus op hoe groot God is, nie hoe groot die taak is nie.
Wanneer ek vir die onmoontlike bid, pak ek my vrese ver weg en loop grootoog agter die geloofsreuse van die Bybel aan: Abraham, Dawid, Daniël, Paulus…
Die onbekende was vir hulle net so onbekend as wat die onbekende vandag nog vir ons is.
Onmoontlike gebede was vir hulle moontlik net so vreesaanjaend as vir ons.
Maar vir my voel hulle nabyheid aan die Een wat ook sou luister na húlle onmoontlike gebede soveel intiemer as my eie opstaan-en-val, en dít is my gebed.
Dat ek eerstens die God van onmoontlike gebede
elke dag beter sal leer ken,
Sy gesig sal raaksien oral om my,
Sy hand in die kleinste detail van “toevallighede” in my elke dag.
Want dit is ‘n wonderlike ding wanneer onse God my hele menswees vasgryp en vashou.
Maar dit is selfs beter wanneer my hele menswees onse God vasgryp en vashou, sodat ek kan sien wat Hy sien.
Want dan sal ek sien hoe my allerhande gebede die weegskaal laat gelyk trek: Daar is eintlik geen verskil tussen dit wat moontlik is en dit wat ek op die onmoontlikheid-klastafel gaan oopgooi nie.
Nie vanwaar Hy staan nie.
“Whatever I have,
wherever I am,
I can make it through anything
in the One who makes me
who I am.”
Philippians 4:13 The Message
Jou inspirasie vir die week: Rahab’s lullaby
Comments