“Don’t have good moments by accident.
Pay attention to what creates those good moments.
Then learn from that and apply it, so that you can have
loads more good moments!”
Erwin Raphael McManus
Dit was ‘n lang week gewees en in ons werkplek was nerwe maar dun geskuur. So, teen die tyd dat Vrydagaand aanbreek en my Astra’tjie se neus huis se kant toe staan, was ek moeg en redelik blind vir die goeie om my.
Of so het ek gedink.
Toegewikkel in my eie gedagtes, vang my oog gelukkig twee silwergekroonde paartjies links van die pad deur die reën aangewikkel kom – haastig! Ook maar goed ek hou ek hulle dop, want die volgende oomblik mik-mik die een tannie sommer so tussendeur die karre oor die pad voor my verby, met die oom agterna.
Daar is g’n niemand in my truspieëltjie nie en ek hou eerder stil, beduie vir die res van die geselskap dat hulle maar by hulle vreeslose vriende kan aansluit. Dit het ‘n dankbare gewaai en thank you’s tot gevolg en die volgende oomblik sien ek hoedat die bus sy intrek by die stop neem. Hulle was op ‘n missie en amper laat!
Ek haal my voet van die remme af en trek weg en dis asof ek my slegte bui net daar oorkant die busstop verloor. Hierdie was ‘n goeie moment.
Die laggende, tevrede gesigte van totale vreemdelinge, kan ‘n mens se hele dag op sy kop keer.
En jy kan dit inisieer.
Die dankbare emoji terug van ‘n verlangse vriendin vir wie jy ‘n bemoedigende woord gestuur het, kan ‘n mens se hart pantser vir wat die res van die dag mag bring.
En jy kan dit inisieer.
As my tenkie dan volraak as ek die lewe vir ander mense kan beter maak, dan maak dit mos nou vir enige rasionele, regdenkende mens sin dat ek meer gereeld na maniere sal soek om dit te doen.
Dan is daar ander momente. Persoonlike momente. Me-myself-and-I momente.
Wanneer ek weer by dieselfde kruising op hierdie pad wat hulle Die Lewe noem kom (want ons weet dit gebeur), mag dit die begin van so ‘n moment wees.
Óf ek maak soos ek altyd maak,
óf ek maak soos ‘n nuwe, gesonder mens sal maak.
En as ek maak soos ‘n nuwe, gesonder mens sal maak,
dan is dit ‘n goeie moment.
Al weet net ek en die Here daarvan.
Die “goeie momente” in hierdie lewe kan lig en oppervlakkig wees en saam met die eerste dwarrel in Poole se see waai. Vergete.
Of dit kan so swaar wees van die Gees se teenwoordigheid, dat dit deel van die groeiende altaar van dankbaarheidsklippe word waar jy lewenslank jou deposito’s maak.
In Efesiërs 3 gesels Paulus met die mense van Efese oor God se plan vir die wêreld, maar ook die mans en vroue in hulle werkplek en langs hulle en rondom hulle. Hy bevestig, weereens, dat God se plan ‘n goeie plan is vir almal.
Almal kan goeie momente bymekaarmaak.
Almal.
Dan, in hoofstuk 4:
“In light of all this, here’s what I want you to do.
While I’m locked up here, a prisoner for the Master, I want you to get out there and walk—better yet, run!—on the road God called you to travel. I don’t want any of you sitting around on your hands. I don’t want anyone strolling off, down some path that goes nowhere.
And mark that you do this with humility and discipline—not in fits and starts, but steadily, pouring yourselves out for each other in acts of love,
alert at noticing differences and quick at mending fences.”
Ephesians 4:1 The Message
Loop soek daai goeie momente.
Jou inspirasie vir die week: Make me a vessel
Opmerkingen