“The dwelling of God within us is a continuous proof that He lives,
that He works, that He loves.
We know what God is now
by what God is now doing
in our hearts & lives.”
“The fact that we are here now,
is proof that God is good to us now.”
U sê dat die wat na U soek, U sal vind.
Ek soek na U God, my God, ek dors na U God
Soos onse Katie na die hoeveelste bal-gaan-haal
wil ek U gretig opslurp,
my lippe laat drup met dit
wat van U alleen
af kom.
In die skaduwees van my dae loop soek ek U ook.
Soms wil die donker wat daarin wegkruip my oorreed
dat U net skaduwees strooi
en dan wegstap.
Maar ek weet dis ‘n jok.
Die skaduwees behoort ook aan U,
en U self bepaal tot waar hulle laatskemering vingers mag strek.
In die eensaamheid van siekte loop gryp ek my
graaf en pik,
vasbeslote om U daarin te ontbloot.
Soms hou ek halfpad op.
Te moeg, skat ek.
Soms dalk te bang my opgrawing
wys net mooi niks
van waarde
nie.
Dan herinner U my weer:
Die wat na My soek, sál My vind.
Moenie bang wees om na My
binne-in jou
te gaan soek nie.
Van jou eerste wedergeboorte asemsnak,
tot jou laaste afskeidsdag,
sal Ek woning maak in jou.
In jou blyste blydskap
en jou seerste seer
is Ek daar.
In jou ligste lig
en jou scary’ste skaduwee,
bly dit waar.
Nooit sal die dinge van hierdie wêreld jou van My skei nie.
Al moet jy gaan grou tussen die flenters van
wêreldstede waar die wat gaan waar Ek gaan
skaars geword het,
soos saffraan.
Tussen dit alles, sál jy My vind.
Ek is jou Pa.
Jy is my kind.
Jou temalied vir die week: Not afraid
Comments